On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

National

Man vas oor verkragtings in Ceres

───   07:47 Wed, 07 Aug 2013

Man vas oor verkragtings in Ceres | News Article
Ceres - 'n Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van 'n vier maande oue baba en 'n 7-jarige seun in Ceres, in die Wes-Kaap.
Volgens polisiewoordvoerder, Andre Traut is 'n 32-jarige man in aanhouding en is Maandagaand in Ceres ondervra.
 
Die baba het in die bed by haar ouers geslaap toe 'n man haar gegryp en vroeg Saterdagoggend verkrag het.
 
Die seun was ook in die huis en is dieselfde tyd verkrag.
 
Die man het vermoedelik in die huis, wat op 'n plaas in die Ceres-distrik geleë is, geslaap.
 
Die baba is tans in die Rooikruis-kinderhospitaal, waar sy herkonstruktiewe snykunde ondergaan het.
 
Traut het gesê die kinders is nie broer en suster, soos voorheen berig is nie.

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.