On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Nog miljoene vir Vrede-melkery

───   DIRK KOK 16:03 Thu, 14 Sep 2017

Nog miljoene vir Vrede-melkery | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse provinsiale regering pomp R1,5 miljoen per maand in die omstrede Vrede-melkery projek in. Dit is twee keer meer as die sowat R450 000 wat die projek maandeliks inbring.


Vrystaatse LUR vir ekonomiese sake, Benny Malakoane, het in vanoggend se wetgewersitting op vrae van DA-wetgewerlid Roy Jankielsohn gesê die Vrystaatse landboudepartement dra steeds jaarliks R20 miljoen by tot die projek wat  nou deur die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie bestuur word. 

Die maatskappy E’tsho is as konsultant aangestel en word oor drie jaar altesaam R32,5 miljoen betaal om die Vrede-melkery om te swaai en dit 'n winsgewende onderneming te maak. 

Op Jankielsohn se vraag of E'tsho boerdery- of suiwelondervinging of kennis het, het Malakoane gesê dié maatskappy is projekbestuurders.

Jankielsohn sê met die meer as R180 miljoen wat aanvanklik in die projek ingepomp is en  teen die tempo wat geld steeds bestee word, het hy sy bedenkinge of dit ooit winsgewend gaan wees.

Malakoane het gesê die 80 begunstigdes in die projek sal eers betrokke raak sodra die onderneming winsgewend is. Hy het op 'n vraag van Jankielsohn toegegee dat dit nie redelik is dat die begunstigdes uitgesluit word nie. 

Die begunstigdes is veronderstel om 'n 51% aandeel te hê.


 


Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.