On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

OFM-landbounuusbulletin: Podcast 17 Julie 2018

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:44 Wed, 18 Jul 2018

OFM-landbounuusbulletin: Podcast 17 Julie 2018 | News Article
Senzeni Zokwana FOTO: Farmer's Weekly

Die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, besoek Woensdag op Mandeladag 'n huis in Bloemfontein vir mense met ernstige gestremdhede.


Zokwana se besoek aan die Jean Webber-huis is om tyd deur te bring met die volwasse inwoners, wat in die proses is om organiese groentetuine by dié huis te maak. 'n ANC-raadslid van die Mangaung-metro, en 'n aktivis vir voedselsekerheid, Thabo Olivier, is in sy persoonlike hoedanigheid by die projek betrokke.

Die Parlementêre gondwethersieningskomitee wat die openbare verhore oor die moontlike wysiging van Artikel 25 van die grondwet hanteer, hervat dié proses vandeesweek in Noordwes. Dié komitee se mede-voorsitter, Vincent Smith, moedig gemeenskappe aan om deel te neem.

Die Orange River Cellars by Upington in die Noord-Kaap is heel in sy noppies met sy  rooi muskadel van die 2017 oesjaar wat onder die wêreld se voorste tien soetwyne pronk.


Hierdie bulletin is deur OFM-nuus se Christal-Lize Muller saamgestel. Die nuusleser is Jana Roos.  Luister weeksdae om 13:30 na die nuusbulletin slegs op OFM.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.