On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

OFM-landbounuusbulletin: Podcast 25 Julie 2018

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:11 Thu, 26 Jul 2018

OFM-landbounuusbulletin: Podcast 25 Julie 2018  | News Article

In die hoofstorie: Regeringsleiers in die Vrystaat luister na boere se probleme in dié bedryf.


Kommersiële en nuwelingboere van regoor die provinsie was Woensdag by die Glen-landboukollege byeen. Hulle het 'n vergadering bygewoon waarop hulle hul probleme in die bedryf kon uitlig en aan die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, en die LUR van Landbou, Benny Malakoane, kon voorlê. 

Ntombela het die vergadering belê om na hul probleme te luister en om vas te stel hoe die regering boere kan ondersteun. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié vergadering bygewoon. 

In nog 'n storie: Die polisie in die Vrystaat waarsku boere, wat slagoffers van diefstal is, om nie geld te betaal aan mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen nie.

Die sogenaamde polisiebeamptes eis geld sodat slagoffers hul gesteelde vee en plaaswerktuie en ander items kan terugkry. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê 'n aantal voorvalle waar dié sogenaamde polisiebeamptes boere en ander mense bel en geld soek, word deur die polisie ondersoek.


Die nuusbulletin is deur OFM-nuus se Christal-Lize Muller saamgestel. Die nuusleser is Herman Human. 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.