On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Fokus-podcast: Landbou-organisasies teleurgesteld oor grondwetwysiging

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:43 Wed, 21 Nov 2018

Agri Fokus-podcast: Landbou-organisasies teleurgesteld oor grondwetwysiging  | News Article

In dié OFM Agri Fokus-insetsel doen Christal-Lize Muller verslag oor die afgelope week se top nuus in die landboubedryf. Dit sluit in Trompsburg-boer verloor 500 skape in veldbrand en Voermol-kompetisiewenners boer voluit.


Verskeie landbou-organisasies het die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee se aanbeveling van die Grondwetwysiging om voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding te maak, skerp gekritiseer. Dit kom nadat die ANC, EFF en die National Freedom Party dié komitee se verslag aanvaar het, terwyl die DA en kleiner opposisiepartye, wat die IVP, ACDP en Vryheidsfront Plus insluit, nie ten gunste daarvan is nie. Hulle is in die komitee deur Cope verteenwoordig. 

Agri SA meen dit is 'n onaanvaarbare uitkoms van 'n maande-lange openbare konsultasieproses deur die komitee, en dit is nou die tyd om 'n duidelike lyn te trek. Agri SA se beleidshoof van grondsake, Annelize Crosby, sê dit word wetlik vereis dat 'n komitee soos dié behoorlike oorweging gee aan wat voor hulle gelê word, en daar is foute in die konsultasie proses gemaak.

In nog nuus, ‘n wegholveldbrand het verwoesting in die Trompsburg-gebied in die Vrystaat gesaai. Verskeie boere het groot veeverliese gely, met honderde hoofsaaklik skape wat doodgebrand het of van kant gemaak moes word weens die aard van hul brandwonde. Duisende hektaar weiveld het ook in die slag gebly. Boere is heeltemal verbysterd. 'n Boer in dié gebied, FC Alexander, sê 'n brand het Donderdagmiddag op sy plaas Stofkraal, vermoedelik weens Eskom-drade, uitgebreek. Hy sê in die warm en droë toestande is die vlamme vinnig deur sterk wind aangeblaas en die lang gras, wat goed groei het na vorige goeie reëns, is verwoes. Alexander sê dit was 'n onmoontlike taak om die vlamme te keer en brandbestryders het meestal gefokus om vee in die veld te red, en hy het groot verliese gely.

And, two livestock farmers from, the Eastern Cape and KwaZulu-Natal, scooped up the Voermol Sheep and Cattle Farmer of the Year Awards. The 16th annual awards ceremony was held in Bloemfontein on Tuesday, where Andrew Jordaan from the Cradock area was named the best sheep farmer, while the award for the best cattle farmer went to John Eustace [yOU-stice] from the Underberg. Jordaan, who farms with Merino and Dormer breeds, has been an industry leader in using the laparoscopy method to insulate ewes. Eustace  and his father, Pat, are a successful team, farming with Braford and Hereford breeds. He told OFM News the award is a great honour.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.