On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aspersie-vertakking van dié projek vind plaas op huurgrond

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Wed, 12 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Aspersie-vertakking van dié projek vind plaas op huurgrond | News Article

'n Ontwikkelingsprojek in die Vrystaat vir opkomende boere deur die VKB Groep, in samewerking met die Graanboer-ontwikkelingsvereniging, en ander betrokkenes vorder sedert 2012 goed.


Dié projek het aanvanklik die ontwikkeling van nege opkomende boere in graanproduksie, hoofsaaklik mielies, by QwaQwa en Rosendal, behels. VKB het die boere opgelei en ondersteun deur middel van mentorskap-programme. Die bestuurder van VKB se ontwikkelende landbou-afdeling, Piet Potgieter, sê daar was egter uitdagings gewees...


Die aspersie-vertakking van dié projek vind plaas op huurgrond in albei gebiede, terwyl die betrokke boere steeds voortgaan met graanproduksie op sowat 130 bewerk-bare grond.  Potgieter sê die droëland aspersie-produksie vind op 15 hektaar grond per boer plaas. Dit is 'n hoë waarde gewas wat arbeids-intensief is, en daarom het The Jobs Fund betrokke geraak. Hy sê dit is wins-gewend, al is daar hoë vestigings-koste, omdat saad en plantjies ingevoer moet word. Dit is egter vir dié boere 'n groot uitdaging om dié lang-termyn-gewas te finansier, sonder dat hulle titelaktes van die plase het. 


Denmar is 'n familiebesigheid in die Oos-Vrystaat wat aspersies plaaslik en internasionaal lewer en is betrokke by dié projek, veral ten opsigte van die bemarking van die aspersies wat gelewer word. Potgieter sê die afgelope jaar is  sowat 26 000kg aspersies op albei plase deur die boere gelewer.

 

Opkomende boere in Suid-Afrika moet hard werk, en oor deursettings-vermoë beskik, om volhoubaar te boer. Dit is volgens Daniel Maqala van Rosendal in die Vrystaat. Hy is een van nege boere wat deel is van die VKB Groep se ontwikkelings-projek. Maqala, wat op die plaas De Hoop, wat hy by die regering bekom het, en op sy eie plaas, Kosmos, met beeste en skape, mielies, en sonneblom boer, sê dié projek en veral sy mentorskapprogram het hom die nodige hupstoot gegee.

Hy sê opkomende boere het meer ondersteuning van die regering nodig. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.