On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer knou rooivleisbedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:25 Mon, 14 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer knou rooivleisbedryf | News Article

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwane, vergader Maandag in Pretoria met belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf.


Dít om die situasie rondom die uitbreking van bek-en-klouseer in die verre noordelike deel van Limpopo in die Vhembe-distrik te bespreek. Die departement se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê die rooivleisbedryf ondervind nou 'n verbod op die uitvoer van rooivleis nadat die Wêreld- Dieregesondheidsorganisasie (OIE) Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status verlede week tydelik opgeskort het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag.

Intussen sê die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, sê dat hy nou saamwerk met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om die impak van die uitbreking van bek-en-klouseer op die bedryf te verminder. Dié organisasie se nasionale voorsitter, Koos van der Ryst, het aan OFM-nuus gesê die feit dat Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status tydelik opgeskort is, en die uitvoer van rooivleis tydelik op die ys is, is nie goeie nuus nie. Dít het 'n groot ekonomiese impak op die bedryf wat produsente raak, veral nadat Suid-Afrika die afgelope jare na lande soos die Verenigde Arabiese Emirate kon uitvoer en nuwe markte kon betree.    

EN

Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) sê die uitbreking van die bek-en-klouseer-virussiekte in die Vhembe-distrik in Limpopo is geïsoleerd en in 'n gebied waar geen wol geproduseer word nie. Volgens NWKV se algemene bestuurder, Leon de Beer, is maatreëls in plek om te verseker dat wol steeds na die belangrikste handelsvennote in die wolbedryf uitgevoer word. NWKV werk saam met Cape Wools SA en ander bedryfsvennote, soos Sybokhaar Suid-Afrika en die Nasionale Diere-gesondheidsforum, om 'n werkbare oplossing te vind en om te verseker dat woluitvoer voortduur. 'n Strategie in dié verband is op 'n vergadering deur dié forum saamgestel. En, dit sal na verwagting Maandag tydens 'n vergadering in Pretoria met betrokkenes, insluitende die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, voorgelê word.   


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.