On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS-landbou bekommerd oor vleisbedryf weens miltsiekte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:31 Mon, 03 Jun 2019

Landbounuus-podcast:  VS-landbou bekommerd oor vleisbedryf weens miltsiekte | News Article

Vrystaat Landbou meen die uitbreek van miltsiekte in Lesotho kan katastrofiese gevolge vir die vleisbedryf in die provinsie inhou.


Dit kom nadat die Veeartseny-owerheid in Lesotho drie uitbrekings van miltsiekte by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) aangemeld het. Die eerste uitbreking was op 12 Mei en altesaam 24 beeste het gevrek. VL se president, Francois Wilken, sê dié organisasie beywer hom al die afgelope 15 jaar om verskerpte grensbeheer by die Lesotho-grens onder die regering se aandag te bring. Daar was selfs 'n hofstryd met die regering, maar weens geldelike implikasies het dié organisasie besluit om dit te laat vaar.

Die Verenigde Nasies (VN) se inisiatief, die Internasionale Dekade van Familieboere, is in Rome, Italië, bekendgestel. BlueAvo-produksies berig verskeie landbouorganisasies en boere van regoor die wêreld het die geleentheid, wat verlede week deur intensiewe gesprekvoering en dinkskrums voorafgegaan is, bygewoon. Statistieke toon meer as 90% van alle boere wêreldwyd is familieboere. Theo de Jager, die president van die Wêreld-landbouorganisasie, en direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, het ook die VN toegespreek en meen daar is sekere beleidsformulering wat familieboere in Afrika onnodig onder meer druk plaas. Die VN se plan van aksie bestaan uit sewe pilare, wat daarop sal fokus om die jeug en vroue meer betrokke by familieboerderye te kry en regerings in die wêreld sal ook gevra word om beleid te skep wat meer vriendelik teenoor familieboere is.

EN

'n Plaas in die Karoo, waarop varswatervisverwerking plaasvind, het ten doel om by te dra tot die hantering van voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Karoo Catch in Graaff-Reinet, in die Oos-Kaap, is 'n bemagtigingsplaas wat 'n lewensvatbare en innoverende oplossing bied om die land se afhanklikheid van die vinnig-dalende wilde visvoorraad te verminder. Die plaas het verskeie tonnels waarin die waterpopulasie gekweek word, en dit maak die produksie van 120 ton babers maandeliks moontlik. Die plaas se besturende direkteur, Ken Light, sê die projek het 11 jaar gelede begin en die verwerkingsfabriek is verlede week bekendgestel. Dit sal kos vir menslike asook vir troeteldierverbruik produseer. Light sê die opening van die fabriek sal 'n positiewe invloed op die dorp se ekonomie hê.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.