On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Niemand in hegtenis na aanval op vise-voorsitter van Graan SA nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Tue, 28 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Niemand in hegtenis na aanval op vise-voorsitter van Graan SA nie | News Article

Die polisie in Noordwes het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die aanval op die vise-voorsitter van Graan SA (GSA), Derek Matthews, en sy gesin in die Deelpan-gebied naby Biesiesvlei nie.


Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê vyf gewapende mans het Matthews en van sy familielede Saterdagaand oorval terwyl hulle gebraai het. Matthews en sewe familielede is gedwing om op die grond te lê. Hulle is vasgebind, geskop en geslaan. Die booswigte het daarna met onder meer 'n onbekende bedrag geld, selfone en rekenaars op die vlug geslaan. Intussen sê die voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, Tommie Esterhuyse, dit dui opnuut daarop dat aanvallers geen respek het vir die landboubedryf nie.

EN

Die DA in die Vrystaat het die meer as R870 miljoen wat deur die regering beskikbaar gestel is vir droogtehulp, met ope arms verwelkom. Dié ramphulp is deur verskeie nasionale en provinsiale regeringsdepartemente toegeken en is verlede Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer. DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, sê  dit is duidelik dat die tydsberekening van dié aankondiging verband hou met die betogings oor die ernstige waterskaarsste in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit. Hy sê die DA het vroeg verlede jaar reeds die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, versoek om dié provinsie as 'n rampgebied te verklaar en dit is uitgevoer, maar die finansiering daarvoor is nou eers beskikbaar gestel. Volgens hom is droogteramphulp vir die landboubedryf noodsaaklik en die bedryf benodig onmiddellike hulp.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.