On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement monitor koopbewysstelsel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:18 Wed, 15 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Departement monitor koopbewysstelsel | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling monitor die koopbewysstelsel wat in plek is om aan boere hulp te verleen as deel van die departement se Covid-19-rampfonds van R1,2 miljard.


Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê die sowat 15 000 boere oor die land heen, wie se aansoeke suksesvol was, kan nou boerderybenodigdhede met hul koopbewyse vanaf verskeie verskaffers bekom. Hy sê daar was aanvanklik probleme met die beskikbaarheid van sommige benodigdhede, maar verskaffers is nou weer volkome aan boord. Dié koopbewyse se vervaldatum was aanvanklik aan die einde van verlede maand, maar minister Thoko Didiza, het die geldigheid daarvan tot die einde van vandeesmaand verleng. Ncgobo sê die besluit is geneem om sodoende te verseker dat boere genoeg tyd tot hul beskikking het om die nodige benodigdhede te bekom. Hy sê boere wat onsuksesvol was vir dié rampfonds moet nie moed verloor nie.  Ngcobo sê in hierdie stadium kan die departement nie met duidelikheid 'n tweede fase van dié Covid-19-ramphulp bevestig nie. Hy sê die departement het ook geensins voorheen aangedui dat daar 'n tweede fase gaan wees nie. 

Intussen werp die DA in die Noord-Kaap alles in die stryd om aan boere wat onsuksesvol was in hul aansoeke om die nasionale landboudepartement se Covid-19-rampfonds 'n kans te bied om weer aansoek te doen. Die DA se provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, Reinette Liebenberg, sê 80% van die boere wat aansoek gedoen het in dié provinsie was onsuksesvol. Die fokus met dié rampfonds van R1,2 miljard was hoofsaaklik op kleinskaalse boere met 'n jaarlikse omset van R20 000 tot R1 miljoen. Die departement het ook aangedui dat geld in die formaat van 'n koopbewys aan 50% vroue, 40% jeugdiges en 6% gestremdes toegeken is. Daarmee kan boerderye benodigdhede aankoop. Liebenberg sê die provinsiale LUR van landbou, asook die premier, Zamani Saul, is al genader met die DA se versoek. Die nasionale landboudepartement is ook deur die DA versoek om nog boere te help. 

 EN

Graan SA (GSA) het die regering se skielike tweede verbod op drank verwerp en meen dit het ‘n impak op kleinskaalse produsente. Dr. Dirk Strydom van Graan SA, sê drank word verbou vanaf rou materiale wat direk vanaf landbou afkomstig is. Dit behels produkte soos mout, sorghum, moutgars, mielies, aartappels en druiwe. Hy sê van die produkte is direk afhanklik van brouerye en in terme van vraag is daar verreikende gevolge as dit nie geprosesseer word nie. Produsente se toegang tot markte word nou verklein weens oorskotte en die risiko’s dat die ondersteuning gestaak gaan word weens geldelike verliese van maatskappye, is ‘n werklikheid. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.