On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

VS Onderwys vra publiek om weg te bly van skole

───   CATHY DLODLO 09:19 Fri, 21 May 2021

VS Onderwys vra publiek om weg te bly van skole | News Article
PHOTO: Wikimedia Commons

Die Vrystaatse Onderwysdepartement het ouers en lede van die publiek gevra om eerder nie skole te besoek nie as deel van strenger maatreëls teen die verspreiding van Covid-19.

Dit volg nadat verskeie skole in die provinsie genoodsaak is om hulle deure tydelik te sluit. 

Woordvoerder van die Provinsiale Department van Onderwys, Howard Ndaba, sê onderwysers, administratiewe personeel en kinders het in verskeie skole positief getoets en skole moet nou lesse aanlyn aanbied. 

Hy sê by een van die skole in Bloemfontein, Eunice Hoërskool, is leerders – insluitende diegene in die koshuis - huis toe gestuur. Ndaba sê die skool gaan weer op 31 Mei sy deure heropen. Leerders gaan van vandag af aanlyn lesse kry. St Andrews in Bloemfontein het intussen ook gesluit en sal weer einde Mei heropen.

Nog ‘n skool, Tebang Primêre Skool, is gesluit nadat 5 onderwysers en 11 leerders positief getoets is. Skole in die Xhariep-streek is die ergste geraak met altesaam een onderwyser wat oorlede is, 14 wat positief getoets het en 30 kinders in isolasie nadat hulle getoets is.

Howard sê in ‘n poging om die verspreiding van die pandemie te bekamp het hulle gevra dat besoekers net in noodgevalle by skole toegelaat word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.