Central SA
Verhoor begin ná Pofadder-hoteleienaar se moord─── 06:21 Mon, 15 Nov 2021

Meer as 'n jaar ná die dood van Leon Brits gaan sy vrou - Suretha Brits - Maandag in die Hooggeregshof in Upington op sy moord teregstaan.
Leon Brits - 'n sakeman en hoteleienaar van Poffader in die Noord-Kaapse Boesmanland - se lewelose liggaam is in die swembad van sy huis gevind.
Brits sal saam met twee ander beskuldigdes - die 34-jarige Enrich Williams en die 24-jarige Amantle Bareki - in die hof verskyn.
Die verhoor is vir drie weke op die hofrol geplaas.
Suretha Brits is sedert 29 Maart 2020 in aanhouding.
Dit, nadat sy deur 'n ander beskuldigde - Jacques van Vuuren - by die moord op haar man betrek is.
OFM-nuus