On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

‘Kimberley se gemeenskap sterker as vlamme’ – CBC

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:29 Thu, 15 May 2025

‘Kimberley se gemeenskap sterker as vlamme’ – CBC | News Article
Die Nazareth-koshuis. Foto: Facebook/DFA

’n Kimberleyse privaat skool is oorweldig deur die ondersteuning wat hulle van die gemeenskap gekry het ná ’n brand op hul perseel.

Altesaam 48 seuns en meisies moes ontruim word uit St Patrick’s CBC-skool se Nazareth-koshuis nadat ’n brand Maandagnag 5 Mei daarin ontstaan het. Hoewel die gebou groot skade gely het, is niemand beseer nie.

“In die dae ná dié verwoestende gebeurtenis, het ons iets werklik buitengewoons gesien,” sê Craig Neave, CBC-hoof. “Van die oomblik dat die nuus bekend geword het, was die reaksie ongelooflik – boodskappe het ingestroom, gemeenskapsondersteuning het ingestroom en mense het na vore gekom om te help.

“Maar mense het nie net na vore gekom met voorrade of helpende hande nie. Wat ons werklik geraak het, was die gesindheid agter die gebare.” 

Neave betuig diep waardering vir die skoolfamilie, plaaslike ondernemings en die breër Kimberleyse gemeenskap. “Julle het nie gehuiwer nie. Julle het ons herinner wat gemeenskap werklik beteken – daardie diep gevoel dat jy deel mag wees van iets groters as jyself.” 

Volgens Neave pas die skool nog aan by die nuwe omstandighede en besef ’n lang pad lê nog voor. “Daar is nog baie om te herbou, maar ons word ondersteun deur iets baie sterkers as bakstene en sement: julle gebede, julle vriendelikheid, julle onwrikbare ondersteuning.”  


Hy het beklemtoon dat die Kimberley-gemeenskap gesien word: in elke vrygewige daad, elke bemoedigende boodskap en elke gebaar.

“Dit is danksy julle dat ons in staat is om regop te staan en vorentoe te beweeg. Geen woorde kan werklik vasvang hoe dankbaar ons is nie. Dankie dat julle hierdeur saam met ons gestaan het. 

“Julle was ons lig in die donkerste uur.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.