On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Bloemskou-voorbereidings goed op dreef

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 24 Feb 2022

Bloemskou-voorbereidings goed op dreef | News Article
Foto: bloemskou.co.za

Voorbereidings vir vanjaar se Bloemskou is goed op dreef met ‘n propvol program, gevul met onder meer pret- en landbouprogramme aan die orde van die dag.

Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, sê die skou skop ná twee jaar amptelik op 27 April af.

Sien onderstaande PODCAST

Die skou gaan elf dae duur tot 7 Mei.

LEES: Bloemskou terug ná twee jaar

OFM-nuus het vroeër berig dat dié gekombineerde landbou- en kommersiële skou ‘n platform bied vir die stoetveebedryf, onder meer perde, kleinvee en beeste. Verskillende rasgenootskappe kry tydens die jaarlikse Bloemskou die geleentheid om hulle kampioenskappe aan te bied.

Die suiwelkompetisie-afdeling se inskrywings het reeds verlede Vrydag gesluit,  sê Prinsloo.

Boere en telers kry ook gedurende die skou die platform om bymekaar te kom en kennis en inligting uit te ruil.

LEES: Bloemskou beloof propvol program vir 2022

Die propvol program sluit ook verskeie optredes van bekende kunstenaars in, sowel as ‘n sintetiese ysskaatsbaan, en natuurlik ook lip-lekker kos.

Alle inligting is op Bloemskou se webtuiste beskikbaar.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.