On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Rolspelers werk hard om bek-en-klouseer hok te slaan

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 29 Mar 2022

Rolspelers werk hard om bek-en-klouseer hok te slaan | News Article
Maatreëls is intussen in plek gestel om te verhoed dat bek-en-klouseer verder in Noordwes en na ander provinsies versprei. FOTO: Sabrina Dean.

Rolspelers in die lewendehawebedryf werk hard daaraan om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei.

Die virussiekte is verlede week in Noordwes in Limpopo bevestig, nadat dit in KwaZulu-Natal aangemeld is. 

Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, sê bek-en-klouseer het die potensiaal om ‘n ekonomie op sy knieë te bring as dit nie onder beheer gebring word nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Knowles verduidelik dat biosekuriteitsmaatreëls vir die lewendehawebedryf is reeds in November 2019 in plek gestel ná ‘n ernstige uitbraak van bek-en-klouseer in Limpopo. Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het toe alle veilings gestop en APAC kon daarin slaag om haar in Februarie 2020 te oortuig om veilings weer oop te stel.

LEES OOK: Bek-en-klouseer – ‘n groot bedreiging vir SA se rooivleisbedryf 

Maar die voorwaarde was dat daar ‘n stel reëls gepubliseer moet word, wat biosekuriteitreëls is, wat veilings as ‘n tweede vlak van beskerming teen dieresiektes moet beheer.

Hierdie reëls is toe regoor Suid-Afrika geïmplementeer.

“Die huidige situasie moet ons ongelukkig nou met baie groot oorsig hanteer. Ons doen dit so in belang van die landbou en ons kyk na waar die dinge skeefgeloop het. So, dis vir ons ‘n leerkurwe. Dis maar ‘n leerproses en ons glo in die hand wat ons nou leer - uit hierdie geval gaan ons dit dan probeer beter doen in die toekoms,” sê Knowles.

LEES OOK: Biosekuriteitsmaatreëls weer in die kollig

Knowles se versoek aan die lewendehawebedryf is om nie emosioneel te oorreageer nie en om eerder die virussiekte met groot verantwoordelikheid te hanteer.

OFM-nuus het voorheen berig dat die Noord-Kaapse departement van landbou kennis geneem het van die gerapporteerde uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes en Limpopo, en het die departement reeds noodvergaderings belê om volgens protokol te reageer.

Die departement sê in 'n verklaring veeartsenykundige beamptes is op bystand en sal onmiddellik toesig verhoog, veral by hoërisiko-veefasiliteite in die provinsie.

LEES OOK: Samewerking is nodig om bek-en-klouseer hok te slaan

Boere word versoek om enige verdagte simptome onder vee by die naaste Staatsveeartsenykantoor aan te meld. Vee-eienaars word verder daaraan herinner dat bek-en-klouseer oorgedra word deur beeste van besmette persele na onbesmette terreine te verskuif. Daarom doen die departement 'n beroep op alle eienaars om nie diere te skuif as daar 'n vermoede van dié siekte is nie.

Maatreëls is intussen in plek gestel om te verhoed dat bek-en-klouseer verder in Noordwes en na ander provinsies versprei. Dit is volgens Naudé Pienaar van Agri Noordwes.

Die geaffekteerde plaas en ander verwante plase is onder kwarantyn geplaas terwyl verdere toesig in die gebied gedoen word om die omvang van die uitbraak vas te stel. Pienaar sê die virus is in die Potchefstroom-omgewing aangemeld.



OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.