On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Departement begin droogte- en veldbrand-bewusmakingsveldtog in Qwaqwa

───   ELSABÉ RICHARD 09:18 Thu, 31 Mar 2022

Departement begin droogte- en veldbrand-bewusmakingsveldtog in Qwaqwa | News Article
Die inligtingsessie sal nie beperk word tot die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit nie, maar sal ook in ander dele van die provinsie uitgerol word. FOTO: Sabrina Dean.

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling begin vanoggend met 'n droogte- en veldbrand-bewusmakingsveldtog by die Golden Gate Hotel in Qwaqwa.

Die inligtingsessie het ten doel om boere bewus te maak van die risiko hieraan verbonde. 

Dit beoog ook om 'n verhouding te vestig tussen die departement, die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), die Plaaslike Regering en die gemeenskappe wat dit dien.

LEES OOK: Meer as 60 000 hektaar oor naweek verwoes - Vrystaat Landbou

Die departement sê in 'n verklaring volgens statistieke wat deur die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging vrygestel is, was daar in die Thabo Mofutsanyana-distrik gedurende die 2021-veldbrandseisoen, wat van Mei tot Augustus geduur het, sowat 7 058 potensiële brandvoorvalle, asook 'n totaal van 211 897,51 hektaar wat verwoes is.

Die inligtingsessie sal nie beperk word tot die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit nie, maar sal ook in ander dele van die provinsie uitgerol word.

OFM-nuus het voorheen berig dat meer as ‘n miljoen hektaar weiveld in sentraal Suid-Afrika verlede jaar verwoes is. Boere het nie net weiveld verloor nie, maar ook diere en infrastruktuur.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.