On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Suid-Afrikaanse sitrusbedryf deur nuwe EU-regulasies bedreig

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 14 Jul 2022

Suid-Afrikaanse sitrusbedryf deur nuwe EU-regulasies bedreig | News Article

Nuwe regulasies vir die verkoeling van Suid-Afrikaanse sitrusvrugte, wat deur die Europese Unie (EU) se Staande Komitee oor Plante, Diere, Voedsel en Voer bekendgemaak is, kan die plaaslike sitrusbedryf miljoene rande kos.

Sien onderstaande PODCAST

Deon Joubert van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, sê dié regulasies lei tot uitgebreide veranderinge aan die huidige toepaslike fitosanitêre vereistes vir sitrusvrugte afkomstig uit Suid-Afrika. 

Hy sê dit vereis dat sitrusvrugte, voordat besendings verskeep word, spesifieke, verpligte verkoeling vir spesifieke tydperke moet ondergaan.

LEES OOK: Geïntegreerde plantbestuur kan lei tot voortgesette sitrussukses

Dié regulasies is op 21 Junie 2022 deur die komitee in die Amptelike Tydskrif van die EU gepubliseer en sal vanaf 14 Julie 2022 in werking tree.

Joubert het die regulasies as “onnodig, disproporsioneel en nie horisontaal” bestempel. Hy sê die komitee moes ten minste ‘n ses-maande periode verskaf het voordat dié regulasies in werking tree. Maar hy voeg ook by dat “wat dit kortliks beteken, is dat Suid-Afrika ‘n uitstekende risikobestuurstelsel op valskodlingmot (FCM) het".

Joubert voeg egter by dat implikasies insluit dat daar op die oomblik ‘n bykomende verkoelingsmaatreël ingestel is waarvoor die komitee nog nie motivering of data verskaf het wat aandui dat daar ‘n FCM-probleem is nie.

“Trouens, Suid-Afrika se onderskeppings van FCM is tienvoudig minder as ander lande wat na Europa toe uitvoer.”

Joubert deel dat Suid-Afrika tans besig is met gesprekke met die EU in ‘n poging om die komitee te probeer oortuig om die regulasies te heroorweeg.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.