On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Geïntegreerde plantbestuur kan lei tot voortgesette sitrussukses

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 25 May 2022

Geïntegreerde plantbestuur kan lei tot voortgesette sitrussukses | News Article

Indien ’n produsent voortgesette sitrussukses wil bereik, is geïntegreerde plantbestuur belangrik.

Dit is volgens Thinus Smuts van InteliGro

Sien onderstaande PODCAST

‘n Geïntegreerde benadering tot sitrusverbouing is volgens InteliGro die sleutel tot die toekoms, aangesien uitvoersukses op die plaas begin. “Vir hierdie landbousektor om volledig tot sy reg te kom, moet oplossings slimmer aangewend word om die uitdagings van stygende kostes, verbruikervereistes en -voorkeure en marktoegang die hoof te bied.”

LEES OOK: Wees op die uitkyk vir vroeë roes en poeieragtige meeldou op dié gewasse

Hierdie stygende kostes sluit in onder meer brandstofpryse sowel as kunsmispryse.

Smuts verduidelik dat geïntegreerde plantbestuur verskil van geïntegreerde plaagbestuur (GPB). Hy raai produsente aan om nie net alleenlik te fokus op gewasbeskerming nie, maar moet ook kyk na hoe bome beter bestuur kan word in terme van die snoei van bome en watereffektiwiteit. Dit, sê Smuts, sal daartoe lei dat bome ook meer spuitvriendelik sal wees vir gewasbeskermingsprodukte.

LEES OOK: InteliGro en VKB maak nuwe seisoen se kommersiële aanbiedinge bekend

“Kunsmispryse het oor die afgelope jaar byna verdubbel en plantbeskermingprodukte is gemiddeld 50% duurder. Stygende brandstofpryse en vragkoste, wat in 2021 met tussen 30% en 40% toegeneem het, het reeds produsente se winsmarges verklein.

“Die eerste vrugte van die 2022-sitrusseisoen is reeds op Suid-Afrikaanse winkelrakke en in skeepshouers oppad na buitelandse markte. Hierdie is ’n voortsetting van die 161 miljoen kartonne sitrus wat in 2021 uitgevoer is en Suid-Afrika se posisie as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder bevestig het.

“Meer as 60% van plaaslik geproduseerde sitrus is vir uitvoer bestem – handel wat R30 miljard se buitelandse valuta in 2021 verdien het. Uitvoere het oor die laaste twee seisoene nuwe rekordhoogtes behaal, en kumulatief met 10% gegroei.

“Volgens vooruitskattings van die Citrus Growers Association kan uitvoerproduksie met tot 500 000 ton oor die volgende drie jaar toeneem. Vir al hierdie vrugte moet nuwe markte gevind word terwyl Suid-Afrika se bestaande markaandeel in veral Europa, Amerika en Sjina beskerm en uitgebrei word.”



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.