On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Produsente, kelders uitgenooi om vir Sauvignon Blanc-kompetisie in te skryf

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 27 Jul 2022

Produsente, kelders uitgenooi om vir Sauvignon Blanc-kompetisie in te skryf | News Article
PHOTO: 2021 Top 10/www.sauvignonblanc.com

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer produsente en kelders uitgenooi word om vir die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-Kompetisie in te skryf.

Dié kompetisie word vir die 16de keer deur die kultivarorganisasie Sauvignon Blanc Suid-Afrika aangebied. 

Sien onderstaande PODCAST

Botha benadruk dat die kompetisie 'n belangrike rol speel om die beeld van Sauvignon Blanc te bevorder. Dié wyn word as die topverkoper-variëteit in die land beskou.

Hy deel verder in ‘n verklaring dat, “ons is opgewonde, want die wêreld begin Suid-Afrika as een van die beste Sauvignon Blanc-produserende lande te beskou. Suid-Afrika se voordeel is dat ons Sauvignon Blanc in ‘n ongelooflike verskeidenheid style maak, wat baie uniek is aan sekere areas in die land.”

LEES OOK: Beoordelaars beïndruk met vanjaar se Sauvignon Blanc-wyninskrywings

Botha sê hulle hoop om vanjaar sowat 200 inskrywings te ontvang en verwag ook goeie wyne – met ‘n kombinasie van ouer oesjare en meer gehoute wyne.

Groot, sowel as klein produsente, word versoek om vir hierdie gesogte kompetisie in te skryf.

Die 20 finaliste sal in September aangekondig word, terwyl die Top 10-wenners op Donderdag 13 Oktober tydens die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-toekennings bekendgemaak sal word.

Belangstellendes kan aanlyn vir die kompetisie op Sauvignon Blanc SA se webwerf inskryf.

Inskrywings sluit op Dinsdag 16 Augustus 2022, met laat inskrywings wat tot Woensdag 24 Augustus 2022 aanvaar sal word.

OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.