Agriculture
Landbounuus-podcast: Kliprand-boere dankbaar vir reën─── ELSABÉ RICHARD 15:15 Fri, 24 Mar 2023

Boere en inwoners van Kliprand op die grens tussen die Noord- en Wes-Kaap is verheug oor meer as 20 milimeter reën in dié droogtegetuisterde omgewing.
Arrie Cloete sê hulle het in Desember laas reën gekry terwyl veral opkomende boere swaarkry.
Die Oranje- en Vaalrivier se watervlak het skerp gedaal, maar inwoners moet steeds versigtig wees terwyl nog reën uitsak. Albei opgaardamme in die Oranjerivier is nou minder as 100% vol. Die Departement van Water en Sanitasie se Andile Tshona sê watervlakke is stabiel omdat dit minder reën.
Die DA vra die Dawid Kruiper-munisipaliteit moet sonkrag dringend ondersoek vir volhoubare en bekostigbare watervoorsiening aan gemeenskappe in en om Upington. ’n Memorandum van Verstandhouding is tussen die Kalahari-Wes Waterraad en die munisipaliteit aangegaan.
Die party se Flip van der Steen sê die waterraad finansier voorlopig twee kragopwekkers, waarvan een gebruik sal word om te verseker dat lewendehawe produsente water vir hul diere sal hê.
Die waarde van die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het die afgelope drie jaar toegeneem met R3 miljard tot R59 miljard, danksy bykomende beleggings deur deelnemers in die bedryf. Farmer's Weekly se Janine Ryan sê egter die bedryf word deur 'n reeks plaaslike sowel as globale uitdagings in die gesig gestaar.
EN
Die Vrystaatse Departement van Landbou loods die Jeug in Landbou en Landelike Ontwikkeling-program in die Welkom-gebaseerde Matjabeng Plaaslike Munisipaliteit. Die departement sê die doel van die program is om die jeug aan te moedig om deel te word van die landbousektor. Die program sal na verwagting in verskillende munisipaliteite in die provinsie bekend gestel word.