On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Eiervoorraadvlakke neem geleidelik toe

───   ELSABÉ RICHARD 14:07 Wed, 15 Nov 2023

Landbounuus: Eiervoorraadvlakke neem geleidelik toe | News Article
Foto deur Klaus Nielsen/Pexels.

Woordvoerder, Reggie Ncgobo, sê die voëlgriep-uitbraak is onder beheer en dat 70% van plase wat nie positief getoets het nie, voortgaan om eiers en hoenders te produseer.

  • Eiervoorraadvlakke vul geleidelik aan in Suid-Afrika. Dit is dus nie nodig vir paniekaankope nie. Die Departement van Landbou sê aangesien die eierproduksiesiklus nie te lank is nie, verwag dit dat die situasie vroeg volgende jaar sal normaliseer. Woordvoerder, Reggie Ncgobo, sê die voëlgriep-uitbraak is onder beheer en dat 70% van plase wat nie positief getoets het nie, voortgaan om eiers en hoenders te produseer.
  • Met die feestyd wat vinnig nader kom en misdadigers maniere vind om vinnig geld te maak, reik die polisie 'n sterk waarskuwing uit teen diegene wat vee steel, onwettig slag en die vleis aan niksvermoedende kopers verkoop. KwaZulu-Natal is een van die provinsies waar misdadigers gesteelde, geslagte beeste verkoop op straathoeke, taxi-staanplekke en ander plekke wat maklik toeganklik is vir onskuldige kopers. 
  • Die veerkragtigheid van die landbousektor is weereens bevestig met Statistieke SA se vrystelling van die arbeidsmagopname wat 'n toename toon in indiensnemingsyfers. Landbou-ekonoom, Paul Makube, sê die landbousektor het 'n hupstoot gekry met 'n byvoeging van meer as 61 000 werksgeleenthede kwartaal-op-kwartaal en byna 83 000 jaar-op-jaar in die derde kwartaal.
  • Damvlakke in Sentraal-Suid-Afrika lyk nog goed. Vrystaatse damvlakke wissel van 70% tot 100% vol. Die Departement van Water en Sanitasie sê in Noordwes wissel vlakke van so laag as 44% tot 102% hoog. In die Noord-Kaap staan die Boegoebergdam by die Oranjerivier op meer as 110% vol, terwyl die Spitskopdam die laagste in die provinsie is op 72,7%.
    EN
  • Die Gauteng Konyntelersvereniging het ‘n hemorragiese haassiekte inentingsveldtog begin met die fondsinsamelingswebblad - Back-a-Buddy. Die siekte het groot getal vrektes veroorsaak onder hase en konyne. Gavin Gergurin sê toe dit in SA uitbreek, het die genootskap geweet dit gaan onmoontlik wees vir die meeste telers om hul hase te laat inent omdat dit duur is.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Corné

@ 2023 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.