Central SA
Polisie konfiskeer onwettige sigarette in Noord-Kaap─── ZENANDE MPAME 12:23 Wed, 15 Nov 2023

“Die Noord-Kaapse polisie versterk sy pogings om die verkoop en handel in vervalste goedere uit te roei, met die fokus op onwettige sigarette en tabakprodukte.”
Die polisie het Maandag in Kimberley, Kuruman en Prieska beslag gelê op onwettige sigarette en tabak ter waarde van R7,8 miljoen. Boetes van R1 500 is ook uitgereik vir die handel in onwettige medisyne.
’n 33-jarige man van Bangladesj is in hegtenis geneem nadat ’n vorige lasbrief vir hom uitgereik is. Hy sal binnekort in die landdroshof in Kimberley verskyn.
Die polisie in die Noord-Kaap het beslag gelê op dié onwettige sigarette. Foto: SAPD
“Kennisgewings is aan die winkeleienaars gegee waarin hulle gevra word om die nodige dokumentasie aan die owerhede te verskaf wat hulle toelaat om die goedere te hê,” het Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.
“Die Noord-Kaapse polisie versterk sy pogings om die verkoop en handel in vervalste goedere uit te roei, met die fokus op onwettige sigarette en tabakprodukte.”
Operasies is uitgevoer deur ’n multi-dissiplinêre span bestaande uit die provinsiale vuurwapen-, drank- en tweedehandse goedere-eenheid, Kimberley se eenheid vir openbare orde, Kuruman se K9-eenheid, en Prieska se sigbare polisie-eenheid.
OFM Nuus/Zenande Mpame Daphné/Corné