On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Cool Kids - Lourens van Niekerk

───   16:36 Thu, 01 Dec 2022

Cool Kids - Lourens van Niekerk | News Article
Lourens van Nieker.

Lourens van Niekerk is 'n matrikulant wat op 'n jong ouderdom besluit het om by die stryd teen kanker aan te sluit en bewusmaking oor die siekte te kweek.

Nadat hy sy hoërskooltyd aan kankerbewusmaking gewy het, het Lourens betrokke geraak by Kansa se "Pink Trees for Pauline"-projek om meer kennis op te doen oor die tipe werk wat Kansa doen. In 2020 het hy sy eie pienk lappies-projek begin en dit vanjaar uitgebrei en 'n rekordgetal van 200 bome met pienk lappies versier. 

Hierdie jaar het die projek meer as ooit vir hom beteken aangesien sy eie wetenskaponderwyser met borskanker gediagnoseer is. Lourens het daarin geslaag om die skool en medeleerlinge by die projek betrokke te kry, wat dit 'n groter sukses gemaak het.

Lourens het pas matriek geskryf en beplan om volgende jaar medies studeer, met 'n groot belangstelling in 'n onkologie-rigting.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.