Offbeat
Weird Wide Web – Slegs in Japan …─── 16:27 Wed, 25 Nov 2026
In Yokohama, Japan, is daar ’n taamlik ongewone winkel genaamd die Unco Shop, en sy spesialiteit is is iets waarvoor die meeste mense hul neuse optrek.
Die winkel verkoop meer as 400 verskillende produkte met sy kenmerkende ontwerp van ’n rolletjie ontlasting. Ons praat van T-hemde, tekkies, juweliersware, bykomstighede en omtrent enigiets anders waaraan jy dié prentjie kan heg.
Maar glo dit of nie, dié besigheid het eintlik as ’n stokperdjie begin. Die stigter, Akihiko Nobata, het oorspronklik ’n luukse mansklerebesigheid bedryf, maar hy het dit geniet om snaakse T-hemde met die spotprent-ontwerp daarop vir sy familie en vriende te maak.
In 2014 het hy aansoek gedoen om ’n handelsmerk vir sy ontwerp te registreer – en tot sy verbasing is dit goedgekeur. Hy het besluit om te kyk of daar ’n mark vir sy idees is en van die ontwerpe aanlyn begin verkoop. Een klant was so gaande daaroor dat hy wou weet of dit ook in ander kleure beskikbaar is. Nobata was só verbaas oor die belangstelling dat hy persoonlik ’n klomp T-hemde by die klant se werkplek, ’n kroeg, gaan aflewer het.
Lees ook: Conspiracy Corner – What if your prison was in your head?
Maar toe hy daar aankom, wag daar ’n hele groep aanhangers om hom te ontmoet. Party het reeds sy T-hemde aangehad en hulle het uitgesien daarna om die man te ontmoet wat hulle “President Poef” genoem het. Dit was die oomblik wat hy besef het dat sy vreemde idee dalk in ’n regte besigheid kon verander.
In 2017 het hy sy maatskappy se naam amptelik na Unco Inc. verander en voluit op dié ongewone handelsmerk begin fokus. Selfs Japannese bekendes en televisiepersoonlikhede het van sy produkte begin koop. En verlede jaar het die Unco Shop sy eie winkel in Yokohama geopen.
Volgens die stigter geniet mense van oor die wêreld heen dit om dié ontwerpie te teken en daaroor te lag. Hy sê dit oorbrug taal- en kultuurgrense en bring universele lag.
Lees meer sm
