On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Britse vlermuise skuil in mini-fliekteaters

───   15:14 Thu, 08 Dec 2022

Weird Wide Web: Britse vlermuise skuil in mini-fliekteaters | News Article
FOTO: Trendhunter

Om Brittanje se dalende vlermuisbevolking te beskerm, het die NOW-stroomdiens met die Vlermuisbewaringstrust saamgespan en vlermuisbokse in die vorm van klein filmteaters bekend gestel.

Volgens femalefirst val dit saam met die bekendstelling van die film The Batman op die stroomdiens.

Die vlermuisbokse word gratis versprei. 

Volgens die Vlermuisbewaringstrust help dié skuilings om tuine meer vlermuis-vriendelik te maak. 

Vlermuise is een van die mees bedreigde spesies in Brittanje, met ses uit 18 inheemse spesies wat die risiko loop om uit te sterf.  

Vlermuisgetalle is só laag dat daar net een groter muisoor-vlermuis in Brittanje is en minder as 1000 grys langoorvlermuise.

Die "vlermuisloket" van 40cm x 40cm is 'n presiese miniatuur replika van 'n tradisionele bioskoop, met ligte en piepklein sitplekke.

Die vennootskap tussen NOW en die Vlermuisbewaringstrust is deur die TV-aanbieder en natuurbewaarder Ben Fogle begin. 

Ben sê: "Nou, meer as ooit, wil ons hê die publiek moet hul innerlike Batman na vore te bring en help om een van Brittanje se mees bedreigde diere te beskerm.

"Ek weet daar is 'n superheld in ons almal en dit is ons plig om hierdie diere te beskerm." 

Wat sou gebeur as vlermuise uitsterf? Lees meer hier.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.