On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Kyk hoe stel 14 honde conga-wêreldrekord op

───   13:19 Thu, 02 Feb 2023

Weird Wide Web: Kyk hoe stel 14 honde conga-wêreldrekord op | News Article
FOTO: Skermgreep van video deur Guinness-wêreldrekord

’n Duitse burger en sy trop honde hou die Guinness-wêreldrekord vir die meeste honde (altesame 14 woefters) wat die conga dans. Te oulik!

Die rekord is in Januarie 2023 deur Wolfgang Lauenburger en sy honde, Emma, Filou, Fin, Simon, Susy, Maya, Ulf, Speck, Bibi, Katie, Jennifer, Elvis, Charly en Cathy verbeter.

Die rekord is voorheen deur Wolfgang se dogter, Alexa Lauenburger met agt honde gehou. 

Vir dié wat nie weet nie, die conga is 'n Latyns-Amerikaanse dans waarin mense amper soos ‘n ketting bymekaar inhaak en “loopdans”.

Internetgebruikers is in vervoering oor die video van dié oulike rekord. “Dit is die mees heilsame ding wat ek vandag gesien het."

Nog 'n kyker het geskryf: "Die balans en genade, o die oulikheid!”

Wolfgang is ‘n bekende by Guinness-wêreldrekords. Hy en sy hond Emma (eerste in die conga-lyn) het in 2022 ‘n wêreldrekord opgestel nadat sy die meeste omrolle deur 'n hond binne ‘n minuut kon uitvoer – ‘n verbysterende 62 rolle in 60 sekondes. 

Leer meer hier:


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.