Offbeat
Weird Wide Web: Man wys sy liefde met broccoli─── 15:43 Tue, 14 Feb 2023
Meeste mense hoop vir sjokolade of blomme op Valentynsdag, maar broccoli? Nee, hou verby! Tensy, natuurlik, broccoli jou gunsteling-gunsteling groente is en iets waaraan jy elke dag aan peusel, soos ene India Atkinson van Belfast in Ierland.
India se romantiese en verbeeldingryke kêrel, Eddie Baird, sê hy was moeg vir die gewone, romantiese gebare (soos blomme, sjokolade, gaap, so vervelig) en wat is nou meer opwindend as ... effens soet, neuterige broccoli?
In ‘n video op sosiale media vra Eddie vir India om haar oë toe te maak voordat hy haar hul huis binnelei, waar broccoliblommetjies oor die vloer en op die trappe gestrooi is.
In die sitkamer het ‘n “bro-quet” (reggeraai, ‘n ruiker van broccoli - njammies) op haar gewag.
Eddie se broccoli-liefdesblyk het gemengde kommentaar aanlyn uitgelok, met sommiges wat verward was oor hoe groente ‘n mens se hart warm kan laat klop, maar ander was mal oor die vreemde, dog oulike idee.
Een persoon het gesê: "Tenderstem-broccoli kos meer as rose. Wel gedaan meneer."
India sê dit was die beste Valentynsidee nóg.

"Ek is mal oor Tenderstem – ek eet dit meeste dae, maar ek het nooit gedink hy sou dit vir romanse gebruik nie. Ek was mal daaroor, dit is so persoonlik en laat my voel dat hy my regtig ken. Wie is nie lief vir Tenderstem-broccoli nie, reg? "
Reg, ja. Lees meer hier.
Terwyl jy dit lees, kyk ook hoe om te voorkom dat jy volgende Valentynsdag in die moeilikheid beland.
