Offbeat
Weird Wide Web - Man 'rek' sy bene om langer te wees─── 15:11 Tue, 06 Jun 2023
’n Amerikaanse liggaamsbouer Brian Sánchez het R 2 055 440,42 betaal om langer te wees.
Brian Sánchez (33) van die Amerikaanse deelstaat Georgia het besluit dat sy liggaam buite verhouding is. Sánchez is ’n kranige liggaamsbouer en is 182,88cm lank, maar hy was nie gelukkig met sy voorkoms nie.
Die oomblik toe hy lees van beenverlengingsoperasies, het dié pa van twee kinders besluit dit is wat hy moet doen.
"Ek het besluit of ek kan met ’n nuwe stokperdjie begin of die probleem oplos," het Brian verduidelik.

Fotokrediet: ladbible.com
Die volgende oomblik is hy op ’n vliegtuig op pad na Turkye. Brian het sy eerste operasie in Desember ondergaan. Dit het behels dat sekere bene gebreek word en dan met skroewe vasgemaak word. Eina!
In Maart het hy vir ’n prosedure gegaan om sy femur werklik te verleng. Brian spot dat hy dit ook gedoen het om effens langer as sy vrou te wees.
"My vrou is redelik lank – daar was net ’n verskil van 7,62cm - maar sodra ek ten volle herstel het, sal die verskil 24,13 wees.
"Ek sien baie daarna uit om weer te begin oefen en my lyf te laat lyk soos ek dit graag wil hê."
"Brian het in Januarie 2022 selfbewus begin voel. Hy het destyds opgemerk dat sy bene nie in verhouding met sy bolyf was.
Hy is wel duisende dollar armer maar hy is nou ongeveer 2 meter lank en tevrede met die resultate. Dit is nou vir hom lekker om langer as ander mense te wees. Hy erken wel dat die prosedure nie regtig nodig was nie, maar dat dit hom gelukkig maak.
Lees meer hier: https://www.ladbible.com/community/brian-sanchez-leg-lengthening-surgery-144733-20230605

Hy is nie die eerste persoon wat dit gedoen het nie. Volgens ’n verslag van die BBC in 2020 gaan honderde mense wêreldwyd vir die operasie. Gesondheidskenners waarsku egter dat dit probleme op lang termyn kan veroorsaak.
