Offbeat
Weird Wide Web - Jy kan nie altyd munt slaan uit munt nie─── 16:08 Wed, 21 Jun 2023
'n Gesin in Kalifornië het ’n reuse voorraad munte gevind, maar nou sukkel hulle om dit om te ruil. Van die munte is van finansiële instellings wat nie meer bestaan nie.
John Reyes en sy neef was besig om die kelder van sy oorlede skoonpa se huis in Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië skoon te maak. Groot was hul verbasing toe hulle byna ’n miljoen pennies ter waarde van sowat $10 000 daarin vind, berig The New York Times.
Dit is egter nie ’n lekker boerpot vir hulle gewees nie. Die eerste struikelblok was om die pennies fisiek uit die beknopte ruimte te verwyder. Reyes sê sy vingers het merke gehad omdat die sakke en bokse so swaar was.
Die ontdekking was beslis onverwags. Reyes het aan The New York Times gesê: “Al wat ons kon dink, was hoe in die wêreld het my skoonpa en sy broer dit op hul eie gedoen? Dit is absoluut gek."
Hy sê die twee mans het hul taak darem vergemaklik deur elke pakkie te gemerk het met die hoeveelheid pennies wat daarin was.
Reyes het die idee om ’n Coinstar-masjien te gebruik om die pennies te tel, laat vaar omdat hulle byna 12% vra vir elke transaksie wat hulle verwerk. Banke wou ook nie die pennies aanvaar nie en een van die banke het nie eens ’n groot genoeg kluis gehad om die pennies te bêre nie.
'n Wells Fargo-bestuurder het hom egter ’n bietjie hoop gegee. Dalk net dalk, was daar een pennie wat ’n $1 miljoen werd is. "Dit is die eerste keer dat ek hoor ’n pennie is meer werd as ’n sent," sê Reyes.
Lees meer hier: https://www.ripleys.com/weird-news/1-million-pennies/
