On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Nies kan gevaarlik wees!

───   15:13 Mon, 14 Aug 2023

Weird Wide Web - Nies kan gevaarlik wees! | News Article
Uitstalbeeld: ladbible.com

Al ooit ’n nies ingehou om beleefd te wees? Wel, jy sal twee keer dink om dit te doen nadat jy dié gelees het.

’n Man van Brittanje is in die hospitaal opgeneem nadat hy sy nies ingehou en dit ’n gat in sy keel veroorsaak het. In 'n gevallestudie wat in 2017 gepubliseer is, het die British Medical Journal die mediese verskynsel verduidelik in ’n verslag met die gepaste titel: "Snap, crackle and pop: when sneezing leads to crackling in the neck."

Die X-strale het getoon hy het lugstrepe in sy keelweefsel. Dit het beteken hy het sy eie keel geskeur. Iets wat gewoonlik gebeur tydens trauma, chirugie of infeksie. Wanding Yang, een van die dokters wat die verslag geskryf het, het destyds aan CNN gesê: “Hierdie 34-jarige man wou nooit nies nie omdat hy dit as onhigiënies beskou om in die openbaar of in iemand se teenwoordigheid te nies.


“Hy was baie gelukkig dat dit net ’n klein gat was en dat ’n operasie nie nodig was nie.”
Hy moes wel ’n voedingsbuis gebruik en is met antibiotika behandel. Ná twee maande was nie man gesond en daar was geen verdere komplikasies nie. Die beste is maar eerder nies en kry klaar!

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.