On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Snickers: Die storie agter dié sjokolade

───   15:12 Tue, 22 Aug 2023

Weird Wide Web - Snickers: Die storie agter dié sjokolade | News Article
Voorgestelde beeldkrediet: Jakub Porzycki/NurPhoto via Getty Images / Matt Cardy/Getty Images

Het jy al ooit gewonder hoekom die sjokoladestafie Snickers genoem word?

Al wat meeste van ons weet is dat dit bestaan uit nougat wat bedek is met karamel en grondboontjies. Vir diegene met ’n soettand is Snickers ’n huishoudelike naam sedert dit in 1911 die eerste keer gemaak is. Deur die jare het die handelsnaam gereeld gespog met pittige slagspreuke soos “kry ’n bietjie neute” of “jy is nie jouself as jy honger is nie”. 

Die sjokolade se reis het begin toe Fran en Ethel Mars meer as ’n eeu gelede met hul lekkergoedfabriek begin het. Hul sakeplan was aanvanklik nie suksesvol nie. Hulle het die maatskappy 'Mar-o-Bar' gestig wat later die bekende maatskappy Mars Company geword het.

Listen: Derek Watts on The Joyride

In 1924 het hulle hul eerste sjokolade Milky Way verkoop. Dit was’n groot sukses en die egpaar het met al die geld ’n perdeteelplaas in Tennessee gekoop. Heel gepas het hulle die plaas Milky Way genoem. In 1930 het Ethel se gunstelingperd gevrek. Dit het gebeur voordat hulle nuwe sjokoladestafie ’n naam moes kry. Reg geraai! Die perd se naam was Snickers.

In Brittanje was Snickers bekend as Marathon Bar omdat die Britte gemeen het dit klink te veel na 'knickers'. Op sosiale media gons gebruikers oor die naam. “Stupid naam. Bring terug Marathon.

Lees meer.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.