On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - 'Baie dankie vir jou stoep'

───   15:18 Thu, 24 Aug 2023

Weird Wide Web - 'Baie dankie vir jou stoep' | News Article
Robin Swanger gaan rond in sy buurt stil pakkies. Fotokrediet: foxnews.com

'n Man van Georgia word van 'n misdryf aangekla nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 'n stoep van 'n buurman se voortuin gesteel het, volgens die Coweta County-balju se kantoor.

Robin Swanger is in hegtenis geneem nadat hy sy buurman se houtstoep in Arnco in die Amerikaanse deelstaat Georgia gesteel het. Die eienaar sê al het sy blyplek verlate gelyk was niks beskikbaar om gesteel te word nie. FOX 5 Atlanta berig ondersoekers sê Swanger het verby die bordjie “Geen oortreders” geloop om by die houtstoep uit te kom. Hy het aangeneem omdat die houthuis nie meer daar is nie kan hy maar die houtstoep neem.

“Dit is ’n baie goed geboude en groot stoep,” sê Chris Stapler, die polisieondersoeker.  
Swanger word beskryf as ’n stoep-seerower – ’n term wat gewoonlik gebruik word vir mense wat afgelewerde pakkies voor mense se huis steel.

“Baie mense trek dalk hul skouers op en sê dit is nie ’n ernstige saak nie, maar die stoep se waarde is $3 000 en hy het dit sonder toestemming gevat.”
In ’n stadium het die stoep weer verskyn op die oorspronklike eiendom maar heeltemal onderstebo. Die polisie het na Swanger gesoek en het hom eers gekry na ’n wenk. Hy was betrokke in ’n voorval van gesinsgeweld en aanranding en sal ook aangekla word van die diefstal van die stoep.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.