Offbeat
Weird Wide Web – Is geheim van 'universele S' opgelos?─── 15:13 Mon, 04 Sep 2023
’n Sweedse man het vyf jaar gewerk om die oorsprong van die ‘universele S' te bepaal. Dit mag dalk puik ondersoekende joernalistiek wees of ’n vermorsing van tyd. Wie weet?
Almal het in ’n stadium 'S' in ’n boek in die skool geoefen of jy het dit agter die toilet se deur gesien. Baie van ons het nooit eers gewonder waar die simbool vandaan kom nie, maar David Wangstedt, ’n Sweedse YouTuber, het beslis.
Wangstedt was vasbeslote om die oorsprong van die 'universele S' te vind. Dit was baie harde werk en soms het dit hom op ’n dwaalspoor gelei, maar volgens sy navorsing is die simbool baie ouer as wat ons dink. Hy verduidelik dat Amerika, Kanada, Frankryk, Australië, Griekeland, Duitsland, Japan, Suid-Afrika en Ysland ook die 'S' erken het.
Lees ook: Weird Wide Web - Tussen die duiwel en die diep blou see
Sy navorsing het tot baie aanlyn besprekings gelei voordat daar beweer is die simbool word verbind met die Amerikaanse klerehandelsnaam Stussy wat in die 1980’s gestig is. Die maatskappy sê egter die simbool was beslis daar voor sy ontstaan. Nog ’n moontlikheid was die logo van Suzuki hoewel daar beslis verskille is.
Wangstedt het Jon Naar, ’n fotograaf van die 1970’s, se foto’s van graffiti bestudeer. Dit het gewys dat die 'universele S' op verskillende geboue gespuit is. Hy het ontdek dat die simbool al in die 1890’s deur Frederick Newton Willson van Mechanical Graphics gebruik is.
Lees ook: Cool Kids – Micayla McMahon
Willson het meetkunde aan die Princeton-universiteit in New Jersey aangebied en Wangstedt vermoed dat hy sy studente geleer het hoe om ’n simmetriese S te teken.
