On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Vreemde verskynsel voor aardbewing Marokko tref

───   15:19 Thu, 14 Sep 2023

Weird Wide Web - Vreemde verskynsel voor aardbewing Marokko tref | News Article
Uitgestalde beeldkrediet: ladbible.com

Wat was die bewegende ligte in die hemelruim voordat die aardbewing Marokko getref het?

Op 8 September het ’n aardbewing met ’n sterkte van 6,8 Marokko getref. Byna 3 000 mense is dood en meer as 5 500 beseer. Dit word beskou as die dodelikste aardbewing wat die land in dekades getref het. Kenners meen dit was die gevolg van Afrika se tektoniese plaat wat noord beweeg het en met die plaat in Eurasië gebots het. Kort voor die aardbewing het inwoners ’n helder bewegende lig in die hemelruim gesien.

Dit staan bekend as aardbewing-ligte en is nie buitengewoon nie. Die geofisikus Friedemann Freund het die verskynsel aan The Washington Post verduidelik en gesê die aardbewing in Marokko het in die nag gebeur.
“In die nag is die aardbewing-ligte makliker om gesien te word en kan dit met ’n kamera afgeneem word.” Dit verskil van gewone weerligstrale wat jy tydens ’n storm kan sien. Hulle beweeg glo van die grond na die wolke en word geaktiveer deur elektriese ladings wat gekoppel is aan seismiese aktiwiteit binne die aarde. Amerika se Geologiese Opname sê dit kan verskillende vorms aanneem. Japan, Haïti, Turkye en Indonesië word beskou as lande waar aardbewings gereeld voorkom.

Florent Brenguier,'n seismoloog aan die Grenoble-universiteit, het aan France24 verduidelik ’n mens moenie vergeet dat aardbewings wel in die die hele Marokko en die Mediterreense streek kan voorkom nie. Hy sê dit gebeur nie gereeld nie maar as dit gebeur kan die omvang daarvan baie groot wees. In 1960 was daar ’n aardbewing in Agadir, Marokko, waarin 12 000 mense dood is en die hele stad was amper verwoes.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.