On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Help! Daar’s ’n perd in woonstelblok!

───   15:18 Wed, 28 Feb 2024

Weird Wide Web – Help! Daar’s ’n perd in woonstelblok! | News Article

Hy het geglo dit sou nie so opvallend wees nie.

Misdadigers is nie altyd so slim as wat hulle dink nie. Soms is hul planne ook nie so waterdig as wat hulle hoop nie.

Die polisie in Wejherowo, Pole, was baie huiwerig om te glo wat die inbeller hulle vertel het oor ’n man wat ’n volgroeide perd teen die trap in ’n woonstelblok opneem. Hulle het ’n span uitgestuur en op die perd en die man afgekom wat met die ontevrede bure stry wat hom probeer keer. “Die 19-jarige man het probeer om die merrie in sy woonstel te kry,” het Anetta Potrykus, polisiewoordvoerder, aan Radio Gdansk gesê.

Die polisie het in hul ondersoek vasgestel die man het die perd gesteel en dit probeer wegsteek. Hy het geglo dit sal nie so opvallend wees nie en hy het ook nie gedink hoe hy die perd sou versorg nie. 

Die eienaar het in daardie stadium reeds ’n saak van diefstal by die polisie aanhangig gemaak. Die perd is sowat $3 800 werd en is veilig terug by haar eienaar.

Die man kan tot vyf jaar tronk toe gestuur word vir die diefstal van die perd.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.