On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Herwinning gaan dalk bietjie te ver!

───   15:27 Tue, 30 Sep 2025

Weird Wide Web – Herwinning gaan dalk bietjie te ver! | News Article

Ons is almal ten gunste van herwinning; jy weet, red die planeet vir ons toekoms, nè? Maar in China het hulle dit dalk ’n bietjie te ver gevoer. Stel jou voor jy koop naelknipsels … ja, jy lees reg!

As jy al ooit na jou vingernaelsittings gekyk het en gedink het: “Wat ’n mors,” hier’s nuus vir jou – in China kan jy dit verkoop. Volgens tradisionele Chinese medisyne kan vingernaels gebruik word om kinders se maagprobleme en selfs mangels te behandel. 

Ja, dit wat ons gewoonlik in die vullis gooi, word in sommige kringe as medisyne gesien.

Maatskappye koop die naels van skole en dorpe, was dit deeglik, droog dit en maal dit fyn vir gebruik in behandelings. Omdat ’n mens gemiddeld net sowat 100 gram naels per jaar groei, is die voorraad beperk – wat natuurlik die prys opstoot.

’n Vrou in Hebei verkoop glo haar lewenslange versameling aanlyn vir omtrent 150 joean – dis sowat R460 – per kilogram. En net vir ingeval jy nou aan jou toonnaels dink … jammer, dit tel nie. Die kopers is streng oor hul spesifikasies.

So, volgende keer as jy jou naels knip, moenie dit sommer net weggooi nie – dit kan dalk meer werd wees as wat jy dink.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.