On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Paddas vir die pyn?

───   15:12 Tue, 14 Oct 2025

Weird Wide Web – Paddas vir die pyn? | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Dame in China het dalk alternatiewe medisyne na ’n nuwe “uiterste” geneem – met paddas as haar pille.

Rugpyn? Die meeste van ons sal ’n pynpil drink, ’n salf aanwend of by die dokter uitkom. 

Mevrou Zhang van Hangzhou, China, het besluit haar rug het iets … natuurliker nodig en agt lewendige paddas oor twee dae gesluk nadat sy gehoor het dit kan rugpyn verlig – vyf op die eerste dag en drie die volgende dag.

Aanvanklik het sy net ligte maagongemak ervaar … totdat die paddas klaarblyklik besluit het om te begin spring.

Ná haar spoedige opname in die hospitaal het dokters ontdek dat sy nie net agt paddas ingekry het nie, maar ook ’n lintwurm vir geselskap. Ná twee weke se sorg kon mevrou Zhang weer ten volle herstel.

Die les? Sommige “tradisionele rate” moet eerder in die dam bly.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.