On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Jaar lange selfisolasie

───   15:35 Mon, 02 Feb 2026

Weird Wide Web – Jaar lange selfisolasie | News Article

Op 10 Januarie het Skip Boyce (49), ’n voormalige konstruksie-eienaar van Utah, sy vrou en dogter totsiens gesoen, sy slaapkamer binnegestap, die deur gesluit – en besluit om dit vir ’n hele jaar lank nie weer oop te maak nie.

Hy noem dit sy “Jaar van Isolasie” – ’n selfopgelegde 365-dae afsondering wat hy 24 uur per dag regstreeks op YouTube uitsaai. “Die reëls is eenvoudig,” sê Boyce. 

“Ek verlaat nie die kamer nie, en die regstreekse stroom hou nooit op nie. Alles gebeur op kamera.”

Volgens Boyce is die kamer volledig selfonderhoudend. Dit is fisies afgesonder van die res van die huis en beskik oor ’n badkamer met stort en bad, ’n geïmproviseerde gimnasium, stoorplek en volledige stroomtoerusting. 

Hy eet, slaap, oefen, lees en werk – alles binne dieselfde vier mure.

Die regstreekse uitsending, sê hy, hou hom eerlik. “Dit neem die opsie weg om stilweg op te gee of later die storie te verander.”

Ontsnapping van konstante afleiding

Maar hoekom só iets aanpak? Boyce sê dit gaan oor lewenstylverandering. 

“Dit gaan nie oor skokwaarde nie,” verduidelik hy. 

“Ek wou ontsnap van konstante afleiding, dissipline herwin en gesonder gewoontes bou. Selfs klein dinge, soos om op te hou Coke drink, was makliker as wat ek verwag het.”

Na byna drie weke beweer hy dat hy reeds positiewe veranderinge sien. Hy oefen meer, eet gesonder en sê sy geestesgesondheid het verbeter.

Nie almal is oortuig nie. Kritici aanlyn waarsku dat langdurige isolasie gevaarlik kan wees en wys op die gebrek aan sonlig, vars lug en sosiale interaksie.

Ten spyte van die kritiek is Skip Boyce vasbeslote om tot 10 Januarie 2027 afgesonder te bly – oortuig dat om homself van die wêreld af te sny, presies is wat hy nodig het.

Lees meer mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.