Offbeat
Weird Wide Web – Meta beplan betaalde intekeninge vir Instagram, Facebook en WhatsApp!─── 15:35 Tue, 03 Feb 2026
Meta oorweeg dit om betaalde intekeningopsies met ekstra funksies vir Instagram, Facebook en WhatsApp bekend te stel, terwyl die basiese platforms gratis bly.
Sou jy betaal om Instagram, Facebook of WhatsApp te gebruik? Meta dink sommige gebruikers dalk wel.
Die sosialemediareus beplan om betaalde intekeninge vir al drie platforms te toets, terwyl die gewone weergawes gratis bly. Dié weergawes sal ekstra funksies bied, terwyl die gewone dienste steeds gratis beskikbaar sal wees.
Hoewel presiese besonderhede nog nie bekend is nie, kan dit moontlik die volgende funksies insluit:
om te sien wie jou nie terug volg nie op Instagram;
die vermoë om stories te kyk sonder dat dit wys; en
toegang tot Meta se KI-assistent, Manus.
Manus, wat in Desember 2025 deur Meta verkry is, is ’n gevorderde KI-agent wat take kan beplan en uitvoer met minimale hulp van die gebruiker – beslis nie net ’n gewone kletsbot nie.
Nog ’n moontlike toevoeging is Vibes, ’n KI-videovervaardiger. Pryse en finale funksielyste is egter nog nie bekend gemaak nie.
Meta beklemtoon dat hierdie intekening losstaan van Meta Verified, wat ’n blou kenteken en ekstra rekeningsekuriteit bied. Die skuif volg in die voetspore van ander platforms soos Snapchat+, wat $3,99 per maand kos en reeds 16 miljoen intekenare het.
Sal gebruikers betaal? Slegs tyd sal leer – sommige mense raak dalk moeg daarvoor om vir elke app, wat hulle gebruik, te moet betaal.
Lees meer mvh
