On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Dagsorgwerker se ‘lekkergoed’ vir kleuters glo lakseermiddel

───   15:47 Mon, 16 Feb 2026

Weird Wide Web – Dagsorgwerker se ‘lekkergoed’ vir kleuters glo lakseermiddel | News Article

’n Dagsorgwerker staan tereg op aanklagte nadat sy na bewering lakseermiddels aan kleuters gegee het en voorgegee het dit is lekkers. Dit sou dit glo makliker maak om die siek kinders huis toe te stuur.

Die 23-jarige kleuterskoolonderwyseres in St. Charles, Illinois, word deur ernstige aanklagte in die gesig gestaar nadat sy na bewering lakseermiddels aan die jong kinders in haar sorg gegee het – glo om haar werkslading te verlig.

Polisie sê verskeie ouers het hulle gekontak nadat hul kinders vertel het hul onderwyser het vir hulle kou-tablette gegee. Wat onwaarskynlik geklink het, is bevestig toe die onderwyseres haar aan die polisie oorgegee en erken het sy het die lakseermiddels toegedien.

Die kleuterskool het glo ’n streng beleid om siek kinders huis toe te stuur en hullle mag eers ná 24 uur terugkeer. Die polisie vermoed sy het dié reël uitgebuit omdat sy oorweldig gevoel het by die werk.

Lees ook: Celebration of clay for Mpho Gorewang at NWU Gallery

Een ma het gesê sy het vir weke probeer uitvind waarom haar kind aanhoudend maagprobleme het. Toetse vir virusse was negatief, en selfs nadat die formulemelk verander is en ondanks verskeie doktersbesoeke, was daar geen duidelike antwoord nie.

Na bewering is die kinders – almal twee jaar oud of jonger – laat glo die kou-lakseermiddels was lekkergoed. Dit is nog onduidelik hoe gereeld dit gebeur het, maar ouers meen dit was gereeld genoeg om ernstige gesondheidsprobleme te veroorsaak.

Een ma het gesê haar kind ervaar steeds newe-effekte ná die staking van die medikasie, insluitend hardlywigheid –  wat dokters sê kan voorkom nadat lakseermiddels vir ’n tyd lank gebruik is.

 Die onderwyseres is in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat hangende haar hofverskyning. Die ondersoek duur voort.

Lees meer. cvs

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.