Offbeat
Weird Wide Web – Werk vier dae per week, verloor gewig─── 15:39 Mon, 18 May 2026
Wetenskaplikes wat 33 ontwikkelde lande bestudeer het, het bevind waar mense die langste ure werk is hul syfers vir vetsug ook baie hoog.
Die navorsers het data van 1990 tot 2022 ontleed en iets interessants ontdek –wanneer minder ure gewerk word, is daar minder vetsug. Hulle het selfs bevind dat ’n vermindering van net 1% in jaarlikse werkure gekoppel is aan ’n effense afname in vetsug.
Daar is verskeie redes vir die tendens. Mense wat lang ure werk, ervaar dikwels meer stres, slaap minder, oefen minder en maak meer staat op kitskos of wegneemetes.
Stres op lang termyn verhoog kortisol – ’n hormoon wat met gewigstoename verbind word. In Brittanje is daar ’n pleidooi dat werkers net vier dae per week moet werk omdat dit mense se gesondheid kan verbeter.
Hulle glo ’n ekstra afdag sal mense meer tyd gee om te rus, te oefen, gesonder kos te maak en beter na hul welstand om te sien. Nie almal stem saam met die voorstel nie.
Lees ook: Weird Wide Web: Versinde oogtoestand flous navorsers
Kritici meen ’n korter werkweek kan vir sommige mense ook laer salarisse beteken. Huishoudings met ’n laer inkomste sukkel dikwels die meeste met gesonde kos en toegang tot gesondheidsorg. Vir nou sê regerings daar is geen planne om maatskappye te dwing om daaraan te voldoen nie.
Maar kom ons wees eerlik, die meeste mense het nie navorsing nodig om te weet dat te veel eet ná ’n lang werkdag ’n werklikheid is nie.
Lees meer dg
