Offbeat
Weird Wide Web – Oostenryker glo skape kan wolwe ore aansit met sy uitvinding─── 17:04 Mon, 29 Jun 2026
Wolwe is baie slim diere en sal eerder makliker prooi soek as hulle een keer seergekry het.
Die Oostenryker Rudolf Schaubach (72) van Villach het ’n tipe net ontwerp wat skape teen wolfaanvalle beskerm. Die buigsame net word van plastiek gemaak en is toegerus met skerp plastiekspykers wat hy glo ’n wolf sal ontmoedig om die skaap meer as een keer te byt.
Die idee het ontstaan nadat wolfaanvalle op vee in Oostenryk en Duitsland die afgelope paar jaar toegeneem het. Hy dit reeds op skape in die Oostenrykse Alpe getoets.
Boere is egter nie tevrede met die plan nie. Hulle meen dit is duur en onprakties om honderde skape hiermee toe te rus.
Sommige boere waarsku die plastiekspykers kan in die wol vassit en wolwe sal dan eerder hul kop of bene aanval.
Schaubach hou egter vol mense is te gou om sy uitvinding te kritiseer. Een van sy skape, Ananas, het as proefneming die beskermende net van sowat 2 kg vir ’n paar dae gedra sonder enige probleme. Ananas het normaal geëet en rondbeweeg.
Lees ook: Weird Wide Web - Is jy jou hond se tweede keuse?
Toetse vir die produk is vir eers in Oostenryk gestaak, maar hy gaan nie opgee nie en is reeds op soek na ander plekke waar hy dit kan toets.
Of dit die toekoms van skaapboerdery is, sal net die tyd leer.
Lees meer dg
