Offbeat
Weird Wide Web – Die Bordeaux-brief: Die duurste brief ooit gestuur─── 16:47 Tue, 07 Jul 2026
Die historiese koevert, bekend as die Bordeaux-brief, is op 4 Oktober 1847 deur die wynhandelaar Edward Francis van Port Louis, Mauritius, aan sy sakevennote in Bordeaux, Frankryk, gepos.
Die brief dra ’n Mauritius Blue- en ’n Mauritius Pink-seël – twee van die skaarsste en mees gesogte posseëls ter wêreld. Kenners skat dat die brief kan vandag meer as R90 miljoen werd wees.
Die seëls het wêreldberoemd geword weens ’n drukfout. Toe hulle in 1847 vervaardig is, het die graveerder per ongeluk die woorde “Post Office” langs Koningin Victoria se portret aangebring, in plaas van “Post Paid”.
Slegs 500 van die foutiewe seëls is gedruk voordat die fout reggestel is. Vandag bestaan daar glo net 27 van hierdie oorspronklike seëls – 12 blou en 15 pienk.
Die Bordeaux-brief is besonders omdat dit een van elke seël op dieselfde oorspronklike koevert bevat. Dit is laas in 1993 op ’n veiling verkoop en behoort sedertdien aan ’n anonieme versamelaar in Singapoer. Vir posseëlversamelaars is dit een van die grootste skatte in die geskiedenis van filatelie.
Lees meer sm
