On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Russiese loodgietersmaatskappy kry nuwe gebuik vir porseleintroon

───   15:20 Wed, 19 Aug 2026

Weird Wide Web – Russiese loodgietersmaatskappy kry nuwe gebuik vir porseleintroon | News Article

’n Loodgietersmaatskappy in Stavropol, Rusland, het ’n internet-storm ontketen nadat hulle ’n bisarre “Game of Thrones”-kompetisie gereël het, en die naam is presies so belaglik soos die kompetisie self.

Deelnemers moes ’n nie-alkoholiese vonkeldrank met lang strooitjies uit splinternuwe toilette drink. En die persoon wat sy of haar toilet eerste leeggedrink het, het gewen. 

Die kompetisie is by 'n Domix-loodgieterswinkel gehou, waar tientalle mense opgedaag het vir die kans om 100 000 Russiese roebels, sowat R22 000, te wen.

Die deelnemers is in groepe van sewe verdeel. Die vinnigste drinker van elke groep het na die volgende ronde deurgedring. Maar toe raak dinge nóg vreemder.  Die sewe finaliste moes vervolgens op toe toiletdeksels sit vir so lank as moontlik.

Die laaste mens wat nog op sy of haar porseleintroon sit, sou as die wenner van hierdie ietwat twyfelagtige Game of Thrones gekroon word.  En blykbaar het mense dit baie ernstig opgeneem.  Volgens die organiseerders het slegs twee deelnemers ná 10 uur tou opgegooi. Die res het glo steeds daar gesit en desperaat probeer om een van die menslike liggaam se mees basiese behoeftes te ignoreer.

Lees ook: Weird Wide Web – Tatoeëer sonder die pyn: Is dit moontlik?

Dit is nie duidelik wie eindelik met die prysgeld weggestap het nie. Die kompetisie het beslis baie aandag op sosiale media gekry, maar nie almal was beïndruk nie. Baie mense het die geleentheid as vernederend beskryf en gewonder waarom enigiemand vrywillig uit 'n toilet sou drink, selfs al is dit splinternuut en tegnies net ’n houer wat soos ’n toilet lyk.

Maar jy moet toegge: Die organiseerders het beslis ’n manier gevind om toilet-humor in ’n kompetisiesport te verander.  En as jy wonder wat die wenner gekry het … hopelik ’n baie goeie badkamerbreuk.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.