On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Olebogeng
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Blaarslaai in Tokio spog nou met ’n gesig

───   14:38 Tue, 06 Oct 2026

Weird Wide Web – Blaarslaai in Tokio spog nou met ’n gesig | News Article
Die akteur Tatsuya Fujiwara, Foto's verskaf

Supermarkte in die stad verkoop blaarslaai wat in plastiek toegedraai is, maar waarop die gesig van Tatsuya Fujiwara, akteur, pryk.

Blaarslaai is 'n belangrike bestanddeel in Japan se kookkuns, maar navorsing toon meer as 60% van verbruikers gooi dit in die somer weg. Daar is genoeg blaarslaai in voorraad, maar dit verlep vinnig weens die warm weer. 

Die Japanse kosreus Ajinomoto het saam met ’n varsproduktemark gewerk en ’n slim bemarkingstrategie uitgedink. Hulle het vir Tatsuya Fujiwara gevra om sy gesig vir hulle te “leen”. Daar is vir hom gesê blaarslaai is in ’n krisis en hy moet dringend help. Hy het ingestem en nou sien verbruikers dadelik sy gesig as hulle verby die groente loop. 

Foto's van die unieke verpakking het vinnig op sosiale media versprei en die effek was bykans onmiddellik. Blaarslaai wat andersins dalk in die asblik sou beland het, het vinnig verkoop.

Net 10 000 van die blaarslaai was te koop. As dit al manier is om blaarslaai te verkoop het ons dalk pas die wêreld se mees dramatiese slaai-advertensie ontdek!

Lees meer

OFM dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.