Other News
Sportnuus - Dinsdag 18/01/11─── 08:12 Tue, 18 Jan 2011

Die Proteas sal vandag wil wys hulle is nie chokers nie en kan die mas opkom in groot wedstryde, wanneer hulle in die derde van vyf Eendag Internasionale wedstryde teen Indie speel. Dit volg na hul skok-nederlaag teen Indie op die Wanderers Saterdag. Hopelik is die Kaap van Storms net wat die Proteas nodig het en kan dit hulle help om ‘n 2-1 voorsprong in die reeks met twee wedstryde wat oorbly na vandag se wedstyd. Die finale groep vir die Wereldbeker-toernooi wat volgende maand op die subkontinet gespeel word, word more aangekondig.
Intussen het die voormalige snelbouler van Suid-Afrika Allan Donald, 'n tydelike pos as boulkonsultant by die Nieu-Seelandse krieketspan aanvaar. Donald is reeds in dié pos aangestel nadat hy vrygestel van sy kontrak in Zimbabwe waar hy hoofafrigter van 'n plaaslike span, die Mountaineers, was.
Die Griekwaland Wes draai bouler Reginald Modisie kan Donderdag sy debuut vir die Knights maak in die span se SuperSport Reeks-wedstryd teen Lions op die OUTsurance Oval in Bloemfontein, in een van drie veranderinge wat gemnaak is aan die span wat die naweek in Kimbelrey geklop is deur die Warriors. Dide is onder sy Proteas Johan van der Wath en Victor Mpitsang wat sukkel met beserings wat hulle in die wedstryd teen die Warriors opgedoen het. Die Knights is ook sonder die draaier Thandi Tshabalala wat besig is om te slyp vir die Standard Bank Pro20 reeks. Gino Vries en Charl Pietersen speel in die twee se plekke. Knights-afrigter Sarel Cilliers….
Die afrigter van die Platinum Luiperds, Leon Boshoff is vol vertroue dat sy span vanjaar baie beter rekenskap van hulself sal gee in die Vodacombeker Reeks, na hul vierde plek in die Noordelike afdeling van die kompetisie verlede seisoen. Die Luiperds, wat hul eerste Vodacombeker-wedstryd teen die Border Bulldogs op 25 Februarie speel, se opwarmimngs-wedstryde is van twee na een verminder. Hulle speel op 5 Februarie teen die Tasol Griffons, na die blou Bulle se wedstryd op die elfde afgelas is, maar hulle sal teen die Pukke en die Pampas van Argentinie ook litte losmaak aangesien die Suid-Amerikaners in Potch tuisgaan…
Die sokkerspan Kaizer Chiefs het besluit om die Randse Stadion vir die ENB-stadion te verruil en sal voortaan al hulle wedstryde in dié stadion speel. Chiefs het na verlede jaar se Wêreldbekersokkertoernooi al hulle kategorie A wedstryde by Nasrec gespeel, maar dit sal nou hulle tuiste wees vir die res van die 2010/2011 seisoen. Die bestuurder van Chiefs, Bobby Motaung, sê die stap is genoodsaak deur die swak bywoning van wedstryde in die Randse Stadion.
Sportnuus - Dinsdag 18/01/11: