Pieter's Place
Your Weekend Breakfast Recipe - "LOCKDOWN" POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELKSOUS─── 06:54 Sun, 29 Mar 2020

Ek (Pieter Venter) het lanklaas drange gehad. Totdat ek vanoggend hierdie gesien het.... NB: Jy sal op hierdie stadium jou eie brooddeeg moet maak a.g.v. die inperking. Bly tuis en leer hoe. Gebruik sommer Google :-)
- 1 pak brood deeg
- Sous:
- 1.5 liter melk
- 8 tot 9 knoffel huisies (na smaak 8-9, is lekker sterk)
- vars pieterselie
- bietjie strooisuiker (of na smaak net om die ergste knoffel smaak te breek)
- 2 eetlepels botter
- sout, peper en paprika na smaak
Rol die brood deeg in balletjies en pak in ‘n ysterpot. Meng die sous en gooi oor die bolletjies, sit op die vuur en bak tot gaar. Vuur nie te warm nie, maar melk mengsel moet rustig kook. Dit bak so 45 min op die vuur. Ek het een oop gebreek om te sien of die deeg gaar is binne.
Moet nie al die sous weg kook nie, wanneer ek bedien sny ek die broodjie oop en smeer nog bietjie sous binne in ook.
Nota:
Omdat jy met melk kook moet die pot baie groter wees as nodig want dit kook gou oor. Ek lig die deksel maar net effens sodat dit nie te erg oorkook nie. Ek draai die bolletjies glad nie. Ek los dit net so.
Bron: Your recipe blog
Your Weekend Breakfast Recipe is made possible by Kloppers.