On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Press Office

OFM pushes up PinkTober!

───   14:33 Tue, 01 Sep 2026

Sponsored14:33 Tue, 01 Sep 2026
OFM pushes up PinkTober! | News Article

This October, OFM is taking its PinkTober campaign to new heights with more fundraising events, a wider reach across Central South Africa, a new beneficiary, and an ambitious R1 million fundraising goal in support of people affected by breast cancer.

Under the theme Pushing Up PinkTober, OFM is dedicating its time, energy, and airwaves throughout October to raising funds for Cansa and Reach for Recovery, with every contribution helping provide support to those impacted by breast cancer.

A major highlight of this year’s campaign is the expansion of Bowling for Boobies, with nine fundraising events taking place across Central South Africa. From Bloemfontein and Welkom to Kimberley, Vryburg, and Potchefstroom, communities will have the opportunity to come together for a fun night out while making a meaningful difference.

Teams of four can enter for R2,500, with the full entry amount donated to OFM’s PinkTober beneficiaries. Each Bowling for Boobies event includes a Beefmaster Beef Burger dinner, complimentary gifts and refreshments, as well as opportunities to win prizes for the best-dressed team and best team name – plus plenty of bragging rights for the team with the most gees.

OFM marketing and sales manager Anchen Lintvelt says the station is committed to making this year’s campaign bigger and more impactful than ever. “We are so excited and very committed to going the absolute extra mile this PinkTober month to create a bigger and better experience for everybody who will be entering a team at any of our nine Bowling for Boobies events across Central South Africa! This way we will be able to raise more, donate more, and help more!”

The addition of Reach for Recovery to this year’s beneficiaries means that OFM’s fundraising efforts will reach even further, supporting organisations that play an important role in assisting people affected by breast cancer.

OFM is also encouraging listeners and communities to get involved beyond the bowling events. Pushing Up PinkTober is about more than simply turning Central South Africa pink; it is about turning that visibility into action, fundraising, and meaningful support.

The nine Bowling for Boobies events will take place on:

  • 1 October – Bloemfontein
  • 7 October – Welkom
  • 8 October – Bethlehem
  • 14 October – Potchefstroom
  • 15 October – Vanderbijlpark
  • 21 October – Klerksdorp
  • 22 October – Vryburg
  • 28 October – Hartswater
  • 29 October – Kimberley

Spaces are limited, and teams are encouraged to book early. To enter a Bowling for Boobies event, or to make a donation towards OFM’s R1m PinkTober goal, visit ofmpinktober.co.za.

Roll in. Show up. Push up PinkTober.

Because when Central South Africa comes together, we can push hope, support, and impact even further.

For more info, contact marketing@ofm.co.za.

ENDS

Who is OFM?

 In the heartland of South Africa, there’s a medium that moves people to action. OFM crafts the soundtrack to living in the Free State, Northern Cape, North West, and southern Gauteng.

 This region is rich in minerals and renewable energy, but its greatest treasure is its people. For decades, “ordinary” individuals from Central South Africa have achieved the extraordinary – from the birth of a liberation movement in Bloemfontein, to Archbishop Desmond Tutu’s beginnings in Klerksdorp, to Africa’s first astronaut, Mark Shuttleworth from Welkom.

 Here, resilience fuels remarkable moments: a University of the Free State medical student crowned Miss World, the Griquas lifting the Currie Cup after 55 years. And every day, countless unsung heroes continue that legacy. We meet them where they are – as fans greet OFM’s cheerful yellow fleet criss-crossing the region for activations and outside broadcasts.

 In a place where community defines quality of life, “stronger together” isn’t just a saying – it’s a way of being. When need arises, Central South Africa shows up. In October, our listeners helped raise R1.2m for CANSA. A one-day radiothon generated R300,000 to give the elderly and children a warmer winter in July.

 We celebrate the lighter side too. Milk-tart mania swept through the region during our Melktertmeesters fun – leaving shelves bare, and on Heritage Day, our audience settled the braaibroodjie debate – traditional wins. And OFM CLOSET, the home of the famous Bakkie-arm, brings playfulness to life with punchy slogan merchandise.

 As the leading commercial station in Central South Africa, OFM delivers not only entertainment but essential information to guide daily life and business.

 Agriculture is the backbone of this region. Its world-class produce – lamb, beef, grapes, citrus, cherries, nuts, and more – is enjoyed across the globe. OFM’s heart beats agri. We know when the rains delay, when disease impacts value chains, and when farmers need us to stand with them. We even helped one farmer “go for gold in the green” with a new John Deere tractor.

 OFM is the sound of NAMPO Harvest Day, the largest agricultural expo in the Southern Hemisphere, attracting 800 exhibitors and 100,000 visitors over four days.

 We do not just broadcast to Central South Africa – we serve, and we celebrate it.

 Four provinces. Three hundred thousand listeners. On air and online, another 300,000 streamed connections, with 250,000 social media followers.

One heartbeat that connects it all.

OFM – the sound of your life.


OFM MAAK PINKTOBER GROTER!

Hierdie Oktober neem OFM sy PinkTober-veldtog na nuwe hoogtes met meer fondsinsamelingsgeleenthede, groter reikwydte dwarsoor Sentraal-Suid-Afrika, ’n nuwe begunstigde en ’n ambisieuse fondsinsamelingsdoelwit van R1 miljoen ter ondersteuning van mense wat deur borskanker geraak word.

Onder die tema Pushing Up PinkTober wy OFM sy tyd, energie en klankgolwe dwarsdeur Oktober aan die insameling van fondse vir Kansa en Reach for Recovery, en elke bydrae help om ondersteuning te bied aan diegene wat deur borskanker geraak word.

’n Belangrike hoogtepunt van vanjaar se veldtog is die uitbreiding van Bowling for Boobies, met nege fondsinsamelingsgeleenthede wat dwarsoor Sentraal-Suid-Afrika plaasvind. Van Bloemfontein en Welkom tot Kimberley, Vryburg en Potchefstroom, sal gemeenskappe die geleentheid hê om bymekaar te kom vir ’n prettige aand uit terwyl hulle ’n betekenisvolle verskil maak.

Spanne van vier kan inskryf vir R2 500, en die volle inskrywingsbedrag word aan OFM se PinkTober-begunstigdes geskenk. Elke Bowling for Boobies-geleentheid sluit in ’n Beefmaster Beefburger-ete, gratis geskenke en verversings, asook geleenthede om pryse te wen vir die besgeklede span en beste spannaam – en die reg om te kan spog as die span met die meeste gees.

Anchen Lintvelt, OFM se bemarkings- en verkoopbestuurder, sê die stasie is daartoe verbind om vanjaar se veldtog groter te maak met die meeste impak nog. “Ons is so opgewonde en sterk verbind daartoe om hierdie PinkTober-maand die ekstra myl te loop om ’n groter en beter ervaring te skep vir almal wat ’n span inskryf by enige van ons nege Bowling for Boobies-geleenthede dwarsoor Sentraal-Suid-Afrika! Op hierdie wyse sal ons meer kan insamel, meer kan skenk en meer kan help!”

Die toevoeging van Reach for Recovery tot vanjaar se begunstigdes beteken dat OFM se fondsinsamelingspogings selfs verder sal strek in die ondersteuning van organisasies wat ’n belangrike rol speel om mense te help wat deur borskanker geraak word.

OFM moedig ook luisteraars en gemeenskappe aan om betrokke te raak by meer as die rolbalgeleenthede. Pushing Up PinkTober gaan oor meer as om net Sentraal-Suid-Afrika pienk te verf. Dit gaan daaroor om hierdie sigbaarheid te laat oorgaan in optrede, fondsinsameling en betekenisvolle ondersteuning.

Die nege Bowling for Boobies-geleenthede vind plaas op:

• 1 Oktober – Bloemfontein

• 7 Oktober – Welkom

• 8 Oktober – Bethlehem

• 14 Oktober – Potchefstroom

• 15 Oktober – Vanderbijlpark

• 21 Oktober – Klerksdorp

• 22 Oktober – Vryburg

• 28 Oktober – Hartswater

• 29 Oktober – Kimberley

Inskrywings word beperk, en spanne word aangemoedig om vroeg te bespreek. Om vir ’n Bowling for Boobies-geleentheid in te skryf, of om ’n skenking te doen vir OFM se R1 miljoen PinkTober-doelwit, besoek ofmpinktober.co.za.

Kom rol saam. Daag op. Maak PinkTober groter.

Want wanneer Sentraal-Suid-Afrika saamkom, kan ons hoop, ondersteuning en impak selfs verder voer.

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.

EINDE

Wie is OFM?

 In die hartjie van Suid-Afrika is ’n medium wat mense vorentoe laat beweeg. OFM skep die klankbaan vir die lewe in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Suid-Gauteng.

 Dié streek is ryk aan minerale en hernubare energie, maar sy waardevolste bate is sy inwoners. Dekades reeds behaal “gewone” mense uit Sentraal-Suid-Afrika buitengewone prestasies – van die ontstaan van die vryheidstryd in Bloemfontein, tot aartsbiskop Desmond Tutu se geboorte in Klerksdorp en dié van Afrika se eerste ruimtevaarder, Mark Shuttleworth, in Welkom.

 Hier lei deursettingsvermoë tot onvergeetlike oomblikke: ’n mediese student van die Universiteit van die Vrystaat dra die Mej. Wêreld-kroon; die Griekwas hou die Curriebeker omhoog ná 55 jaar. En elke dag sit tallose onbesonge helde dié tradisie voort. Ons kom hulle teë waar hulle ook al is, wanneer aanhangers van OFM ons vloot geel voertuie opgewonde begroet tydens aktiverings en buite-uitsendings dwarsoor ons gebied.

 Hier waar samesyn ’n mens se lewensgehalte bepaal, is “samehorigheid” nie net ’n woord nie, dis ’n lewenswyse. As die nood druk, bring Sentraal-Suid-Afrikaners hul kant. In Oktober het ons luisteraars R1,2 miljoen vir Kansa help insamel. Tydens ’n eendaagse radiothon in Julie is R300 000 ingesamel om kinders en bejaardes teen die winterkoue te help pantser.

 Ons vier ook die ligter sy. Melktertkoors het die streek beetgepak tydens ons prettige Melktertmeesters, en op Erfenisdag het ons gehoor die braaibroodjiegeskil besleg: tradisioneel kraai koning. Intussen maak OFM CLOSET, die tuiste van die bekende Bakkie-arm, die lewe pret met pittige slagspreuke op alles van sokkies tot T-hemde.

 As Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie bied OFM nie net vermaak nie, maar ook belangrike inligting vir die alledaagse lewe en sakewêreld.

 Landbou is die ruggraat van ons streek. Produkte van wêreldgehalte – soos lams- en beesvleis, druiwe, kersies en neute – word in alle uithoeke van die wêreld geniet. Die landboubedryf is ons hartklop. Ons weet wanneer die reën wegbly, wanneer siektes die waardeketting benadeel en wanneer produsente hulp nodig het. Ons het selfs ’n boer gehelp om “in groen na goud te reik” met ’n nuwe John Deere-trekker.

 OFM is die klank van NAMPO Oesdag, die grootste landbou-ekspo in die suidelike halfrond met 800 uitstallers waarheen 100 000 besoekers oor vier dae stroom.

 Ons saai nie net uit na Sentraal-Suid-Afrika nie, ons vier en dien dié streek.

 Vier provinsies. Driehonderdduisend luisteraars op die lug. Aanlyn nog driehonderdduisend wat stroom en ’n kwartmiljoen volgelinge op sosiale media.

 Een hartklop wat dit alles saambind.

 OFM – die klank van jou lewe.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.