On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Rugby

Hier is beste vrae en antwoorde aan Naka

───   10:49 Fri, 30 May 2008

Hier is beste vrae en antwoorde aan Naka | News Article

Bloemfontein. - Die ondersteuners van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs het na 'n teleurstellende Super 14-rugbyreeks antwoorde gesoek.

Naka Drotské het as afrigter van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs vandag op Womf  (http://centralsa.womf.com/category.php?catid=634) baie antwoorde verskaf. Weer eens moet Drotské gekomplimenteer word dat hy padlangs geantwoord het en nie verskonings aangebied het nie.

Hier is van die beste vrae en antwoorde:

1. Wat moet verander ?

Hallo Naka. Wat sou na jou mening moet verander in die strukture en omstandighede van die Cheetahs sodat ons in die Super 14 kan meeding soos die Sharks en Stormers (met hul Cheetah huursoldate)? P.S.: Ek het groot waardering vir jou as speler (en afrigter) sedert 1985. Dankie. Neels Bornman, Bfn.

Respond Share This Posted 55 minutes ago (42 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Neels

Neels ons sal defnitief kontinituit moet kry. met ander woorde spelers sal vir drie tot vyf jaar by vrystaat moet bly. Super 14 gaan oor ervaring en ervaring moet gekweek word. Ons kan nie elke keer spelers die ervaring gee op S14 vlak en dan word hulle deur groter unies gekoop die oomblik wat hulle begin deurkom op S14 vlak nie.

Groete
Naka

2. Naka Skoppers - Nou en vir die toekoms.

n taktiese en akkurate skopper sal altyd n baie belangrike deel van n span wees. Wat doen VRU om te verseker more se skoppers word gebrei.
Hier dink ek aan manne soos De Wet Ras & Jannie de Beer. Hoekom word hulle nie betrek nie.

Respond Share This Posted 4 hours 4 minutes ago (22 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Skoppers

Stem saam n skopper se bydrae kan nooit onderskat word nie. Hawies Fourie spandeer ure n week op die oefenveld aan skoppers. Ons kry ook soms spesialiste in soos name wat jy noem om skoppers by te staan. Dit is egter nie nodig om dit weekliks te doen nie. As n skopper se tegniek eers uitgesorteer is kom dit neer op oefen en nogmaals oefen

Groete
Naka

3. Johan Muller vra vir Naka:

"Dit is baie duidelik dat die Vrystaat Cheetahs goed genoeg is om die Curriebeker te wen, julle rekord spreek vanself, en hierdie jaar behoort geen uitsondering te wees nie.

Alle lojale ondersteuners wil egter weet of die Super 14 span die nodige skietgoed het om werklik ’n faktor te word oor die volgende 2 jaar?"


Respond Share This Posted 17 hours 4 minutes ago (25 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Super 14

Johan dit is n goeie vraag. S14 is n baie strawwe kompetisie en n realiteit by die vrystaat is dat ons nie die spelers begroting van ander franchises het nie. Ons groot uitdaging is om spelers van vanjaar vir drie jaar minimum as n squad te hou. Kontinituit is die belangrikste!! Indien ons dit kan doen sal ons beter doen in die S14

Groete
Naka

 

4. William Harris vra Naka:

Verlede jaar het die Cheetah agterlyn in die CB reeks seker die beste verdedigings patrone gehad van alle spanne -het nie my feite nie, maar beslis baie min driee agterlangs afgestaan.
2008: Byna dieselfde spelers, dieselfde agterlyn afrigter as in verlede jaar se CB reeks, maar beslis die span met die swakste verdedigings patrone tydens vanjaar se Super 14.
Vraag: Hoe is dit moontlik dat die span so verswak het in die afdeling van die spel, met byna al die elemente(spelers/komm/afrigter) wat dieselfde gebly het?

groete

Respond Share This Posted 17 hours 6 minutes ago (29 Views)
pheidippides

Rank 0

Marius

Sorry, ek weet ek is nie Naka nie, maar kan ek net my opinie hier lug - Marius Joubert se vertrek het 'n gat in ons verdediging EN aanval gelos so groot soos die gat in die osoonlaag!!!

Posted 16 hours 42 minutes ago by pheidippides

NakaDrotske

Rank 0

Verdediging

Eerstens dink ek nie mens kan die standaard van die curriebeker met S14 vergelyk nie. Stem saam dat die vertre van senior spelers soos Marius Joubert, Willem De Waal en Phillip Burger n leemte gelaat het. Jonger spelers soos JW Jonker, Tewis De Bruyn en Hennie Dahniller moes vir eerste keer S14 speel.

Defnitief iets wat ons moet regkry voor volgende jr S14

Groete
Naka

 

5. Deon Lubbe vra Naka:

Dit was duidelik vir almal om te sien dat ons 'n paar super14 wedstryde net net verloor het weens gebrek aan passie en toewyding by van ons senior spelers.

Jy het self daardie probleem ook bevestig deur 'n sleutelspeler (Kabamba) uit te wys in die koerant as een wat eerder naweke Oudtshoorn toe wil gaan (of nou 7's te speel) as om Cheetahwedstryde te speel.



1) Is toewyding, lojaliteit en passie 'n probleem by ons senior spelers? Wat gaan jy as afrigter doen om dit te herstel of dan ten minste te verseker voor ons ons Curriebeker titel verdedig?



2) Ons ervaar tans ernstige gebreke, veral in die agterlyn, as gevolg van die uittog van senior spelers verlede jaar. (Losskakel, Buitesenter en Heelagter is kritiese posisies waar ons tans sukkel) Kan ons uitsien na nuwe talent om die gapings te vul of gaan ons sukkelende "hasbeens" van ander provinsies kontrakteer?



3) Dit wil voorkom of sommige skeidsregters hand uit ruk met swak beslissings. Gaan afrigters of spankapteins een of ander tyd kan begin kapsie maak teen swak skeidsregters? Of gaan ons maar aanhou om hulle nonsens op te vreet en kritiese wedstryde (sien o.a. Vodacombeker finaal!!???) weens swak beslissings te verloor?



4) Gaan ons die Curriebeker suksesvol kan verdedig? "No jokes", geen lang stories nie.... ja of nee???



Groete



Deon Lubbe

Deon.lubbe@telkomsa.net

Respond Share This Posted 23 hours 39 minutes ago (13 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Deon lubbe

Ek is baie opgewonde oor jong agterspelers in vrystaat wat gaan deurkom. Dit sal nie nodig wees om hasbeens van ander unies te koop nie.

Senior spelers speel n baie groot rol en daar was een of twee wedstryde wat hulle nie hul kant gebring het nie. Elke span het daardie probleem in een of twee wedstryde n seisoen. Dink nie dit is n probleem by ons nie en dink dit is uitgesorteer.

Ek dink dit moet defnitief verander dat afrigters skeidsregters mag kritiseer in die media oor blatante foute. Hoekom mag spelers en Afrigters gekritiseer word maar nie Skeidregters oor foute?

Groete
Naka

 

6. Dalmain Strydom vra Naka:

Naka, Vrystaat bly die rugby fabriek van Suid Afrika. Borge en ondersteuners maak die koffers vol en met Vrystaat se laaste 3 jaar van uitstekende Curriebeker met 2 tuis finale moet die koffers sekerlik oorloop. Hoekom word die Vrystaat dan steeds as 'n kleiner bond gesien en hoekom is dit dat daar nie 'n begroting is om spelers te hou nie?

Groete
Dalmain

Respond Share This Posted 23 hours 47 minutes ago (23 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Spelersbegroting

Dalmain sal bly wees as jy die vraag van Eddie Grieb sien net bo jou vraag. Het dit daar geantwoord.

Net in kort ander unies maak net uit losies plus minus R25milj meer as vrystaat agv meer en groter besighede in Jhb, Pretoria, Kaapstad en Durban.

Seisoenkaartjies word ook by groter unies teen dubbeld die bedrag van ons kaartjies verkoop. Daar is meer geld in groter stede.

Groete
Naka

7. Eddie Griep vra Naka:

My vraag aan Naka:

Almal weet dat die Cheetahs 'n begroting het wat baie kleiner is as die ander groot Unies in SA Rugby. Wat doen die Vrystaatse Rugby Unie om te verseker dat die talent in die Vrystaat bly om die Unie nog steeds kompeterend te maak?

Nog 'n vraag: Vrystaat-ondersteuners is al moeg om te hoor die Cheetahs se begroting is kleiner as die ander groot Unies ten spyte van die borge van Vodacom, Supersport ens. Watse bemarkingsaksies het die Vrystaatse Rugby Unie in plek om op dieselfde vlak as die ander groot Unies te kom?

Groete
Eddie Grieb

Respond Share This Posted 23 hours 26 minutes ago (17 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Spelersbegroting

Ek dink dit is belangrik om te weet dat Vodacom bv dieselfde geld gee aan al die spanne wat hulle borg bv Stormers Bulle Cheetahs ens.

Die verskil kom by iets soos bv losies. Vrystaat het in die omgewing van 90 losies wat elk verkoop word teen ongeveer R60 000 per jaar. Die Sharks bv het 200 losies wat teen R150 000 plus verkoop word.

Dit is klaar n verskil van ongeveer R25milj en verklaar hoekom hulle dubbeld die spelersbegroting het wat ons het.

Daar is nie n mark in Bloemfontein groot genoeg om losies teen R150 000 te verkoop nie.

Kan ongelukkig nie antwoord oor bemarkingsaksies nie . Mnr Piet de Necker en Harold Verster hanteer dit.

Groete
Naka

8. Vraag vir Naka - Nina

Hallo daar!
Ek wil weet watter span sien jy as julle grootste teenstander vir die komende Currie Cup, en hoekom?
My favourites is die Bulle, omdat hulle Bulle is!
Die Stormers het dalk ook 'n goeie kans, maar wat dink JY?

Respond Share This Posted 1 day ago (9 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Kans Cb

Ek dink enige van die vyf groter unie het n goeie kans. In uitspeel wedstryde soos semi's en finaal kan enigiets gebeur.

Groete
Naka

 

9. Paul Wesch vra vir Naka:

More Naka,

Ek wil net weet flos jy voor of na jy tande geborsel het?.....HEHEHEHE, ek grap maar net.

My vraag aan jou is wat jou mening is oor die uittog van so baie spelers uit die Vrystaat Rugby Unie oor die afgelope 3 seisoene? Spelers wil hulle tog verbind aan 'n kampioen span, waarom soek hulle steeds groener weivelde as dit dit op hulle voorstoep is?

Groete

Respond Share This Posted 22 hours 43 minutes ago (40 Views)
robberte

Rank 0

Soek dringend Babysitter

Kan iemand my dalk help met 'n babysitter se telefoonnr in Bloemfontein?

Dankie

E Robberts

Posted 22 hours 35 minutes ago by robberte

NakaDrotske

Rank 0

Paul

Ongelukkig het geld n baie groot deel van rugby geword. Spelers kan nie meer studeer en kwalifiseer vir n beroep na rugby nie. Dit is hoekom spelers beter geld by groter unies oorweeg om n neseier op te bou vir die dag wanneer hul klaar is met rugby.

Groete
Naka

 

10.  Conrad du Toit vra Naka:

Hi Naka

Ek dink Tewis de Bruyn Op losskakel is die regte pad. Jy het 'n oog vir 'n gaping en het 'n goeie systap wat hy al reeds gewys het op skrum skakel. Hy is nie 'n slegte stel skopper werk net aan sy taktiese skoppe. Ek glo eerder hy moed daar speel as Potgieter. Wat is jou siening hiervan. Ons het regtig 'n loskakel gekort in die super 14. De bruyn wat uitstekend die laaste game teen die bulle maar toe Conrad opkom het die spel verander.

Fortuin is die beter heelagter en mens kan sien hy maak 'n impak as hy in die lyn inkop.

Ek dink net ons kort Goeie vleuls wat kan verdedig nie net spoed nie

Dankie
Conrad

Respond Share This Posted 1 day ago (7 Views)
NakaDrotske

Rank 0

Losskakel

Ek stem saam en dink Tewis is n baie begaafde speler wat goed sal inskakel op losskakel. Hy het baie 'skill' en verdedig ook goed. Defnitief iets om te oorweeg vir die toekoms.

Groete
Naka

 

 

 

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.