On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Rugby

Pak pawiljoene vol en help om Duanne te behou

───   10:23 Sat, 26 Jul 2008

Pak pawiljoene vol en help om Duanne te behou | News Article

Hendrik Cronjé

Bloemfontein. - Swak bywoningsgetalle sal een van die vernaamste redes wees waarom die rugbyspan van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs 'n speler soos Duanne Vermeulen (flank) kan verloor.

Vermeulen tob nog oor sy toekoms. Intussen krap Vrystaat diep in sy geldtrommel om sente bymekaar te skraap om Vermeulen te probeer behou. Maar indien die bywoning so swak bly soos die geval gisteraand op Vodacompark tydens die Absa-Curriebeker-rugbywedstryd teen die Valke was, kan Vrystaat beslis nie op sy ondersteuners as 'n gevaarlike wapen reken om Vermeulen en ander topspelers hier te behou nie.

Daar het nie meer as 8 000 mense gisteraand se puik sege van 55-14 oor die Valke bygewoon nie.

Die eenvoudige voorbeeld is as daar gisteraand 5 000 meer toeskouers was, kon Vrystaat minstens die hekgelde gebruik het om 'n speler soos Vermeulen se pakket te verbeter. Borge sal makliker geld in Cheetah-rugby belê aangesien die stoele vol gesit word en 'n volhuis sal die Cheetahs tot hoër hoogtes aanspoor.

Die spelers bring hulle kant in die Curriebeker-reeks. Die spelers het in 2005, 2006 en 2007 die Curriebeker verower. Nou is dit die ondersteuners se beurt om hul kant te bring. Ondersteun die Witspan en pak die Huis van Oranje vol.

* Sê jou sê hieroor deur e-pos na sport@ofm.co.za te stuur, of besoek Womf en plaas jou mening daar.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.